sk0609diabetes03
Dieet

Verloor gewig sonder dieet – Rêrig! (Wenke 1 – 5)

Eers die slegte nuus: Die gemiddelde mens sit van ‘n halwe tot 1 kg gewig per jaar aan.

Die goeie nuus? Jy kan dit voorkom as jy elke dag net 400 kJ minder inneem. As jy gewig wil verloor, moet jy 1 000 kJ per dag uit jou dieet sny.

Maar dit gaan al hoe meer oor wát jy eet, en nie net hoeveel jy eet nie, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl.

Hier is goeie gewoontes waarmee jy hierdie winter gewig kan afskud, sonder dat jy ‘n ingewikkelde dieet hoef te volg.

1. Eet ‘n tuisgekookte ete…

…minstens 5 keer per week. Dis een van die geheime van mense wat gewig verloor en dit nie weer aansit nie, het die Amerikaanse tydskrif Consumer Reports in ‘n opname bevind. Want restaurant- en wegneemetes laat die kilogramme opstapel. (www.consumerreports.org)

Mariza se wenke

  • Moenie meer as een keer per dag iets eet wat “kits” en klaargemaak is nie – hetsy soet of sout. Dit sluit energiestafies, souse, skyfies en kits-noedels in.
  • Onderskei tussen kitskos en geriefkos. ‘n Romerige sous waarby jy net water gooi, is waarskynlik “kitskos”, terwyl ‘n blikkie vis gerieflik is, eerder as kitskos.
  • Eksperimenteer met jou eie gesonde kits-etes. Jy kan onverfynde staatmakers soos gerolde hawermout, grofgemaalde mieliemeel, gort, rys, lensies en selfs aartappels en patats vooraf kook en in die yskas bêre.
  • Maak grofgemaalde geel mieliemeel gaar net soos polenta (fyn geel Italiaanse mieliemeel). Sit dit voor met dik tamatieskywe en ‘n bietjie gerasperde kaas, gesmelt in die mikrogolfoond. Of gebruik gisteraand se oorskiet-aartappel. Jy kan die kaas met gekrummelde feta vervang. Gebruik 1 tot 2 medium-aartappels (afhangend van hoe aktief jy is),’n groot tamatie en 2 eetlepels gerasperde kaas of ‘n derde skyfie feta.’n Lepeltjie pesto daarby is lekker – en gesond.

2. Superkosse

Sommige studies toon “warm” gekruide kos (soos kerrie) kan jou metabolisme sowat ‘n halfuur lank met 20% versnel. En ‘n klein studie met Japannese vroue het gewys rissiepeper maak jou metabolisme ná ‘n maaltyd vinniger. Des te meer as dit saam met kos geëet word wat hoog in vet is.

In nog ‘n studie het manlike atlete rooipeper oor koolhidraatryke kosse gestrooi. Hul metaboliese tempo was 30 minute daarna hoër. Daar is egter nie bewyse dat dit langer as ‘n halfuur ‘n uitwerking het nie.

Maar jy kan ook met ander speserye laat waai. Dit kan help dat jy jou nie ooreet nie, aldus navorsing twee jaar gelede vir die Amerikaanse endokrienvereniging.

Oorgewig mense wat hul kos daarmee besprinkel, het gemiddeld 14 kg meer in 6 maande verloor, teenoor ‘n kontrolegroep se 2 kg. Volgens Mariza help geurmiddels boonop dat dieetkos nie vervelig raak nie.

3. Lê weg aan sop

Dis mos stapelkos in die winter! Sop laat jou meer versadig voel – met minder kJ’s. Skop jou maaltyd daarmee af en verminder jou aptyt. Jy kan só tot 20% minder eet. Pasop net vir roomsoppe, dit bevat baie vet en kJ’s.

*Hier’s Mariza se warm- en koue groentesop-resep.

4. Eet meer proteïen

Jou liggaam werk harder om proteïene af te breek as vette en koolhidrate. Jy verbrand dus ‘n bietjie meer kJ’s. Dit kan ook help dat jy vet verloor en nie spiere nie, aldus ‘n studie in die Amerikaanse Journal of Nutrition. Volgens voedingkundige riglyne moet sowat 15% tot 20% van jou daaglikse kJ-inname laevet-proteïene wees.

Mariza se wenke

  • Eet ‘n bietjie proteïen saam met elke maaltyd, ook as jy peusel. Soos vis, hoenderborsies, maer rooivleis, vetvrye of laevetmelk, eiers, neute, laervetkaas, maaskaas, lensies, droë bone en kekerertjies.
  • Peusel aan ‘n paar lentertjies biltong of ‘n stukkie oorskiet-hoender en skywe tamatie.
  • Braai kekerertjies in ‘n bietjie olyfolie in ‘n kleefvrye pannetjie – en eet dit soos grondbone. Dit kan ook die basis wees van ‘n middagmaal met oorskietgroente en ‘n bietjie feta.

5. Onthou die suiwel

Melk maak mos vet? Onwaar, sê Mariza. Melk kan jou inderdaad help om gewig te verloor. Dit maak ook nie saak of dit laevet-melk of vetvry is nie, blyk uit Amerikaanse navorsing. ‘n Australiese studie wys melk saam met jou kos laat jou versadig voel en dus eet jy met die volgende maaltyd minder.

Boonop kan kalsium, saam met ander stowwe in suiwel, jou metabolisme ‘n effense hupstoot gee, wys nog ‘n Amerikaanse studie. Suiwelprodukte werk beter as kalsiumryke kos (soos broccoli) of kalsiumaanvullings.

Maar onthou:

As jy gewig wil verloor, moet jy minder kJ’s inneem. Dit help nie jy eet net soveel soos voorheen en voeg net melk by jou dieet nie. Jy sal op ‘n ander plek kJ’s moet sny. Al hoe meer navorsing wys ook op ‘n verband tussen suiwel en ‘n kleiner kans vir insulienweerstandigheid.

Hoe gemaak as jy sensitief vir suiwel is? Voor jy dit summier uit jou dieet sny, vind uit of jy sensitief is net vir melk, of vir alles in dié kosgroep. Soek dan gepaste alternatiewe.

Mariza se wenk

Bederf jouself hierdie winter met rooibos- en koffie-cappuccino, of warm melk met ‘n bietjie sjokolade of heuning en kaneel.

 

  • Verne Smit

    Sal bitter graag wil he die artkkel moet aan my ge-e-pos word ‘sebief en indien moontlik!?

  • Magda Greyling

    Ek gaan definitief hierdie dieet probeer. Kan ek hierdie dieet volg al is ek in 2007 met Limfklier kanker gediagnoseer en het so ± 20kg gewig verloor maar het sederdien weer alles plus ekstra opgetel. Ek voel regtig my liggaam is te swaar vir jy been struktuur.

  • http://usncuuiellnx.com/ aysahavmgl

    7OkR54 dksohsrdoexo, [url=http://rshxiswdosmw.com/]rshxiswdosmw[/url], [link=http://oikajzjbhxbl.com/]oikajzjbhxbl[/link], http://wuvktartkuci.com/

  • http://www.doj.gov.za Jeannie NIeman

    Ek het nog nooit regtig gesukkel met my gewig nie, maar die afgelope 4-5 maande het ek om een of ander rede 5 kg opgetel. Ek weeg nou ‘n volle 59 kg. Ek sukkel baie met waterretensie – alle toetse is gedoen en daar is niks fout nie….ek moet dringend die 5 kg afskud – help!!!

  • Mariana Loubsrt

    Ek probeer al my hele lewe gewig verloor en kry dit net nie reg nie. Sal u die dieet vir my email ek het nog net 4 maande oor voor my dogter se troue en moet ten minste 20 kg verloor.

  • Eljo

    Ek is met yo-yo dieet, dit is nie lekker nie, HELP!!!!! Ek sal ook graag die uitgewerkte dieet wil ontvang, miskien kan ek ook 10-12kg verloor, dankie vir jul hulp met die vettes!!!!

  • Lydia

    Daar ís nie ‘n dieet nie. Dis juis die punt van die artikel, dat jy gesonde leefstylkeuses moet maak.
    Lydia/SARIE

  • Gerda Venter

    ek sukkel en ek het hulp nodig.het na my baba se geboorte net nog nooit weer gewig verloor nie maar ook nie opgetel nie,kan julle dalk ook vir my die dieet e-pos sodat ek kan kyk of dit dalk ‘n oplossing is vir my probleem.

  • Ina Knoesen

    E-mail asb vir my ook die diet verllor gewig sonder dieet.

  • NICOLENE

    HI EK SUKKEL NET SO NA MY DERDE KIND EN WIL GRAAG 30KG VERLOOR EN SUKKEL,EK EET NIE REGTIG SOETIGHEID EN SUKKEL,.ASB KAN U VIR MY OOK DIT EMAIL.

  • JENNY MEYER

    HI, EK HET NA MY MENOPAUSE GEWIG AANGESIT EN EK EET BITTER MIN. EK IS RAADOP EN EK OORTREE NIE MET KOEK, ONGESONDE KOS NIE. EK EET BAIE GESOND. IS DAAR ‘N MOONTLIKHEID DAT EK BAIE WATER DRA. EK IS MAAR 47 JAAR OUD. GAAN ‘N MENS DEUR ‘N STADIUM VAN MENOPAUSE WAT DIE GEWIG NET OPTEL. HOU DIT OP ‘N STADIUM OP. EK SAL ENIGE EET PLAN PROBEER EN ENIGE RAAD ASB. EK HET VAN ‘N NR.10 NA ‘N NR 14 GESTYG EN EET BASIES DIESELFDE AS VOORHEEN. SAL JOU HULP EN RAAD WAARDEER. GROETNIS JENNY MEYER

  • forikbe

    gtCOjb zbgaawwilids, [url=http://jwgeppkmwebl.com/]jwgeppkmwebl[/url], [link=http://fdkyljlzcdrd.com/]fdkyljlzcdrd[/link], http://uezrbtmtpcnu.com/

  • senovia rossouw

    help my asb ek is 47 en sukkel om gewig te verloor ek is nog nie in menopause nie kan jy asb die diet virmy email

  • Pat

    Hi daar, ons almal het skynbaar dieselfde probleem. Ons weet ons moet gewig verloor maar weet nie hoe en waar om te begin nie.

  • Rika

    Goeie dag
    Ek is 28 jaar oud en het twee kinder ek het al elke dieet op die mark gedoen en niks werk nie.
    Ek weeg 127 kg en wil so graag gewil verloor asb as jy iets het wat vir my kan help. Ek het nie meer geld om uit te gee aan dieet nie en my gesondeheid is nie meer goed nie. Ek het twee pragtig dogter en wil nie he die twee moet soos ek sit nie. As jy vir my ook net iets kan stuur wat ek kan doen wat bekositbaar is en wat ons gesin kan saam doen .

  • sindie sinden

    Ek hou van wat ek lees en sien. My probleem is dat ek net nie tyd kry om enige kosse te maak ens nie. Ek werk van 7 die oggend tot 9uur die aand. Ek werk wel by n gym maar mens is maar besig om die mense te help. Ek wil omtrent so 8 kg veloor voor end van die jaar.. Kan jy my help met iets? Oefening en enige iets asb.. Dankie baie

  • jackeline

    Hi.ek wil ook graag gewig verloor.maar sukkel daarmee.wil gesond leef en net goed lyk vir myself.

  • Elize

    ek sukkel om gewig te verloor.het n kind gekry.het al so baie goed getry maar niks werk nie.help my asb.

  • Wilma Schoeman

    Hallo is dit moontlik om soveel gewig te kan verloor sonder’n dieet help my sal u asb vir my so’n dieet kan aanstuur sal dit baie waardeer het so 30kg om te verloor en is 56 jaar oud dankie

  • sue

    Ek wil graag gewig in my bene verloor, maar sukel want meeste van die dieete werk nie

  • Lindie Boshoff

    Hi daar ek is 34 jaar oud het tussen 65kg tot 70 kg geweeg Ek was vir n galblaas operasie Januarie begin optel ek het einde Maart 75 kg geweeg ek het opgehou rook en weeg weeg vandag 85 kg ek sukkel om gewig te verloor was op veskeie pille en oefeninge tel net meer op klere pas nie meer vermy nie ek voel depres oor my self te skaam om voor my man uit te trek. En my knieë en rug is besig om te gee. Help (asseblief).

  • Elaine Pretorius

    Ek is 62 en sukkel vreeslik om gewig te verloor, kyk net vir die kos dan sit die rolletjies, sal graag so 10-15 kg wil verloor.
    As julle dalk my ook kan help met hierdie dieet.
    Baie dankie

  • Anita van Blerk

    Waar kan ek hierdie eetplan kry asb?

  • Donnie

    Ek is 40j oud en sukkel baie om gewig te verloor ek was maer op n tyd toe ek nog geen kinder gehaad het nie, ek het met elke swangerskap so 45kg op getel, het my 1ste baba op 8 weke swangerskap verloor ek het met swangerskap P.E.T en nierstype gekry het nou 2 kinders, ek wil graag weer lyk soos ek was voordat ek kinders begin kry het ek is bly ek het kinders en dat hulle gesond is ek dank die Here vir my 2 kinders, ek kannie gum nie ook nie ver loop nie, het erg lae rug probleme. Knieg. Nek. Hand. En n gewas grooter as n tennesbal. En nog baie ander dinge. Wil maer word om die gewas te verwyder ek moet baie gewig verloor en het ook hoë bloeddruk kan u vir my daai resep te stu van verloor gewig sonder dieet. Sal baie bly wees dankie en eks medies ongeskik kry n toe laag van 1 200 rand.

  • Marisa

    Help my asb met die dieet. Eks is 30kg oor gewig. Voel moeg elke dag. Gaan gym toe niks werk. Het hulp dringend nodig.

    Dankie
    Marisa

  • Belinda Grimbeeck

    help my maag hang en ek is vet

  • Hanna

    Dis ‘n nuwe jaar asb stuur vir my moet gewig verloor moet knieg vervaning kry asab?

  • Beatrice

    hi ek het n groot maag .Dit lyk ek verwag .ek is raadop ek soek hulp groot asb…. kan iemand my
    asb help..

  • Elsabe Brink

    Kan julle asb die artikel aan my e-pos.

  • Daleen

    Ek is 38j oud en is oorgewig. Sukkel baie om gewig te verloor, ek het al alles probeer.
    Kan u my asb help en vir my die dieet e-mail asb.

  • Helene Horak

    Amen Martiza. Dis wat ek ook sê. Klein veranderings het groot effek.