Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenk 6 - 15)
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor
6. Ontbyt is 'n móét
Studies wys mense wat gereeld 'n gesonde ontbyt eet, hou hul gewig makliker in toom. Volgens Mariza (geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl) is daar egter 3 belangrike vereistes waaraan jou ontbyt moet voldoen.
- Handhaaf 'n goeie balans tussen proteïene (eiers, melk of jogurt) en koolhidrate (ontbytgraan).
- Moenie net verfynde/verwerkte kos of kitskos eet nie.
- Dit moet jou energie gee en sorg dat jy die res van die dag nie wil peusel nie.
Mariza se wenk
Warm vrugte en kaneel laat hawermoutpap soos poeding proe.
Of bederf jou gesin naweke met pannekoek, gestoofde vrugte (vars of gedroog) en 'n skeppie ongegeurde jogurt en kaneel.
Roereier of selfs Franse roosterbrood kan maklik by enige eetplan inpas.
7. Knoop jou soos 'n koeksister
Vroue wat joga doen, weeg minder, toon 'n studie in die Journal of the American Dietetic Association. Want joga maak jou meer bewus van jou liggaam. Jy eet dus as jy honger is, en hou op as jy genoeg gehad het. Dis nie só met ander maniere van oefen nie, soos loop of draf. Nog navorsing wys joga kan voorkom dat vet tydens jou middeljare saampak.
8. Slaap jouself maer
As jy gereeld sleg slaap, kan dit jou metabolisme omkrap - en jy kan gewig aansit, sê Amsterdamse navorsers. 'n Franse studie sluit daarby aan. Ná 'n slegte nagrus kan jy die volgende dag tot 2 300 kJ méér eet (gelyk aan 'n bord kos of groterige hamburger). Jy is dan meer peuselrig as wanneer jy genoeg geslaap het, verduidelik Mariza.
As jy kort-kort wakker word, kan dit ook meewerk om jou metabolisme deurmekaar te krap, wat tot metaboliese sindroom kan lei. (Dis die sambreelterm vir 'n klomp simptome, waaronder hoë bloeddruk, oorgewig en insulienweerstandigheid.)
Volgens haar kan jy nie altyd die omstandighede verander wat jou snags wakker hou nie. Wees egter bewus van die uitwerking op jou gewig - en moenie jouself bedags verder kasty met 'n te streng dieet nie.
9. Kafoefel meer
'n Tipiese liefdemaaksessie is gelykstaande aan 'n naelloop oor 220 m, skryf dr. Linda Friedland in Omvattende Vrouegesondheidsgids (Tafelberg, 2008). Dit jaag jou harttempo op, wat jou bloedsirkulasie verbeter en kJ's en vet verbrand. Probeer verskillende posisies en oefen ander spiere.
![]() |
10. Eet klein maar gereelde maaltyeDus 5 tot 6 klein maaltye eerder as 3 grotes. As jy te lank nie eet nie, word jou metabolisme stadiger om daarvoor te vergoed. Eet jy dan 'n groot maaltyd - terwyl jou metabolisme funksioneer asof daar 'n hongersnood is - klou jou lyf aan elke kJ vas. (Let egter steeds op hoeveel kJ's jy inneem. As dit meer is as wat jy verbrand, gaan jy gewig aansit.) Mariza se wenk
|
11. Kies heelgraanprodukte
Jy verloor dan vinniger gewig om jou maag, wat jou kans op onder meer hartsiektes verlaag, aldus navorsing in die American Journal of Clinical Nutrition. Die vesel in heelgraankosse (soos bruinrys) verlaag ook jou cholesterolvlakke. Vermy verfynde kos soos witbrood, witrys, graanvlokkies, aartappelskyfies en ryskoekies.
Mariza se wenk
- Wissel heelgraanbrood af met kosse soos heel of gerolde koring en gort.
12. Wag vir 'pouse'Die meeste mense het 'n natuurlike "eetpouse". As jy jou vurk 'n rukkie laat sak, is dit die teken dat jy versadig is, maar nie oorvol nie. Hou dan op met eet, sê die Amerikaanse tydskrif Health (www.health.com) |
13. Kraak 'n neut'n Hand vol rou neute daagliks kan dalk help om die rolletjies te keer, aldus Harvard-navorsing. Die "goeie"vette daarin laat jou langer versadig voel. Jy peusel dan minder aan happies met baie kJ's. Maar neute het op sigself baie kJ's. As jy dus gewig wil verloor, moenie meer as 50 g per dag eet nie, beveel Mariza aan. |
14. Bekamp stresStres op lang termyn kan jou metabolisme verander en jou bloedsuiker laat wipplank ry. Jy kan insulienweerstandig raak en sukkel om gewig af te skud. Jou kanse vir chroniese siektes soos hartsiektes en diabetes is ook groter. Mariza se wenk Dis bewys dat 15 minute se stap soggens en saans (verkieslik elke dag) jou liggaam help om van streshormone ontslae te raak - en só die vetrolle te tem. (Klim in die winter op jou trapmeul.) |
15. Moenie jaag nieStel 'n alarm vir 20 minute en leer jouself om rustiger te eet. Proe en ruik elke happie. Jou brein kry dan tyd om jou te laat weet jy is versadig. (www.medicinenet.com) *Besoek Mariza se webblad by www.betereet.co.za **Bykomende bron: www.webmd.com. Type or paste here. |
Verwante artikels
-
"Ek’s sosiaal, my man wil by die huis sit"
SARIE September 2010
Hou jy van partytjie maar nie nou man nie? Hier is raad.
-
'n Dieet vir hom én jou
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 3
Met dié dieet kan julle albei 4 kg in die eerste maand afskud.
-
Aktrise Heléne Lombard: "Gewig afskud is nie vir sissies nie!"
SARIE - Oktober 2010
Ma-wees het haar verander en sy't geleer om te chill, maar Heléne Lombard ook baie ander dinge geleer.
-
Casper de Vries vloek vir eers nie meer nie
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Ná die herrie oor Casper de Vries se uitlatings teenoor mense wat nie van sy gevloek hou nie, speel hy sowaar nou in 'n skoon toneelstuk.
-
Eetplan vir nuwe ma's
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Dalk is jy ook ’n nuwe ma wat ná jou swangerskap sukkel om gewig te verloor. Ons het gaan uitvind wat is die beste en veiligste manier om jou figuur terug te kry.
-
Hier is Bertha se dieet
Só het Bertha le Roux (Emma van 7de Laan) 15 kg in 2 maande verloor
-
Jou laaste dieet ooit
SARIE - September 2006
Klimtol-diëte maak dat jy oor en oor dieselfde foute begaan. Wat doen ander wat dié pad gestap het?
-
Kelly Osbourne verloor byna 20 kg+ haar 1ste voorbladfoto in bikini!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Sy was beslis nie die celeb-rolmodel van hoe om gesond te leef nie, maar nou lyk dit asof Kelly Osbourne mal is oor haar nuwe leefstyl. So baie, sy't byna 20 kg verloor!
-
Natalie Portman verloor 10 kg, is benoem vir Golden Globe-toekenning
SARIE - Desember 2010
Natalie Portman is benoem vir ’n Golden Globe in 2011 en die hele Hollywood gons reeds oor ’n Oscar-benoeming óók vir haar spel in Black Swan. Só berig www.people.com
-
Ons glansmense smelt weg - foto's
SARIE - Oktober 2010
Die vermaakwêreld kan nie uitgepraat raak oor hoe slank Claudia Henkel (Mej. SA in 2005), die sepie-akteur Terence Bridgett en radio- en TV-omroeper Darren Scott deesdae lyk nie.
-
Spesiaal vir Desember! Die reg-vir-Kersfees-eetplan
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
Hier’s die ideale oplossing om die feestyd te geniet sonder om agterna ronder te wees – ’n spesiale dieet vóór Kersfees en een daarna!
-
Spesiaal vir jou! 'n Ná Kersfees-eetplan
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
Verloor die Kersfees-vetjies in net 10 dae.
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenke 1 - 5)
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 12
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor.















Kommentaar
Rienie Brown het gesê:
Ek het maar net 1en 'n half kg in 'n jaar verloor!
26ste Mar. 2012, 09:55SALAZARKim het gesê:
I think that to receive the home loans from banks you should present a good reason. But, once I have got a consolidation loan, just because I was willing to buy a house.
18de Okt. 2011, 01:24Rienie Brown het gesê:
My gewig is 68kg en 'n dun beenstruktier, my lents is 164.592cm, wat moet ek weeg en wat se raad het julle?.
14de Apr. 2011, 17:58YOLANDE VOS het gesê:
HI, ek wil graag ook gewig verloor, moet so ongeveer 16 - 20 kg verloor. Ek sukkel regtig het al alles probeer, ek het endometriose, spastiese dikderm, insulienweerstandigheid en sistemiese candida. Ek wil weet of Dr Cohen se dieet regtig vir my ook sal werk, ek kan nie bekostig om die aansluitings fooi te betaal en dan werk dit nie vir my nie. Ek het regtig hulp nodig met die gewiggies groot asseblief. Bertha lyk baie mooi! Baie dankie 18/10/2010
18de Okt. 2010, 10:19annelien wahl het gesê:
help asseblief ek is dringend opsoek na julle dieet wat kaneel as hoof bestandeel bevat
14de Sep. 2010, 14:42marlien het gesê:
sal ook graag meer wil weet is al so desperaat om gewig te verloor het ook al als probeer maar kan net nie daarby hou nie en nou is my gesondheid baie sleg.
13de Sep. 2010, 14:43Karin Steenkamp het gesê:
Ek is ook 'n bietjie oorgewig en ek voel regtig dat ek kan doen met 'n paar kilo's af. Ek gaan regtig ook probeer om soggens te eet en meer gesond en meer gereeld. Ek wil graag so 10 kg verloor. Sal my vorder dop hou.....
3de Sep. 2010, 15:36Verne Smit het gesê:
Faboules....het dam ma dringend nodig om gewig te verloor nou dat ek op gehou rook het n bitterlik graag gewig wil verloor! Kan die aan my ge-e-pos word asb!?
28ste Jul. 2010, 11:35