ss0104shelizabetharden
Dieet

Verloor gewig sonder dieet – Rêrig! (Wenk 6 – 15)

<TERUG NA WENKE 1 – 5>

6. Ontbyt is ‘n móét

Studies wys mense wat gereeld ‘n gesonde ontbyt eet, hou hul gewig makliker in toom. Volgens Mariza (geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl) is daar egter 3 belangrike vereistes waaraan jou ontbyt moet voldoen.

  • Handhaaf ‘n goeie balans tussen proteïene (eiers, melk of jogurt) en koolhidrate (ontbytgraan).
  • Moenie net verfynde/verwerkte kos of kitskos eet nie.
  • Dit moet jou energie gee en sorg dat jy die res van die dag nie wil peusel nie.

Mariza se wenk

Warm vrugte en kaneel laat hawermoutpap soos poeding proe.

Of bederf jou gesin naweke met pannekoek, gestoofde vrugte (vars of gedroog) en ‘n skeppie ongegeurde jogurt en kaneel.

Roereier of selfs Franse roosterbrood kan maklik by enige eetplan inpas.

7. Knoop jou soos ‘n koeksister

Vroue wat joga doen, weeg minder, toon ‘n studie in die Journal of the American Dietetic Association. Want joga maak jou meer bewus van jou liggaam. Jy eet dus as jy honger is, en hou op as jy genoeg gehad het. Dis nie só met ander maniere van oefen nie, soos loop of draf. Nog navorsing wys joga kan voorkom dat vet tydens jou middeljare saampak.

8. Slaap jouself maer

As jy gereeld sleg slaap, kan dit jou metabolisme omkrap – en jy kan gewig aansit, sê Amsterdamse navorsers. ‘n Franse studie sluit daarby aan. Ná ‘n slegte nagrus kan jy die volgende dag tot 2 300 kJ méér eet (gelyk aan ‘n bord kos of groterige hamburger). Jy is dan meer peuselrig as wanneer jy genoeg geslaap het, verduidelik Mariza.

As jy kort-kort wakker word, kan dit ook meewerk om jou metabolisme deurmekaar te krap, wat tot metaboliese sindroom kan lei. (Dis die sambreelterm vir ‘n klomp simptome, waaronder hoë bloeddruk, oorgewig en insulienweerstandigheid.)

Volgens haar kan jy nie altyd die omstandighede verander wat jou snags wakker hou nie. Wees egter bewus van die uitwerking op jou gewig – en moenie jouself bedags verder kasty met ‘n te streng dieet nie.

9. Kafoefel meer

‘n Tipiese liefdemaaksessie is gelykstaande aan ‘n naelloop oor 220 m, skryf dr. Linda Friedland in Omvattende Vrouegesondheidsgids (Tafelberg, 2008). Dit jaag jou harttempo op, wat jou bloedsirkulasie verbeter en kJ’s en vet verbrand. Probeer verskillende posisies en oefen ander spiere.

Verloor gewig sonder dieet - rêrig!

10. Eet klein maar gereelde maaltye

Dus 5 tot 6 klein maaltye eerder as 3 grotes. As jy te lank nie eet nie, word jou metabolisme stadiger om daarvoor te vergoed. Eet jy dan ‘n groot maaltyd – terwyl jou metabolisme funksioneer asof daar ‘n hongersnood is – klou jou lyf aan elke kJ vas. (Let egter steeds op hoeveel kJ’s jy inneem. As dit meer is as wat jy verbrand, gaan jy gewig aansit.)

Mariza se wenk

  • Vars vrugte is die beste peuselkos. Maar in die koue maande is daar niks verkeerd met ‘n gebakte appel met kaneel en vanielje-jogurt nie. Of maak ‘n kaneelroosterbroodjie.
  • Gebruik ‘n lekker soort brood (soos baguette of ‘n Engelse muffin), rooster dit, sit ‘n smeerseltjie botter op en sprinkel ‘n teelepel kaneel en ½ teelepel suiker oor. Onthou: Warm soetgoed proe soeter as koues.

 

11. Kies heelgraanprodukte

Jy verloor dan vinniger gewig om jou maag, wat jou kans op onder meer hartsiektes verlaag, aldus navorsing in die American Journal of Clinical Nutrition. Die vesel in heelgraankosse (soos bruinrys) verlaag ook jou cholesterolvlakke. Vermy verfynde kos soos witbrood, witrys, graanvlokkies, aartappelskyfies en ryskoekies.

Mariza se wenk

  • Wissel heelgraanbrood af met kosse soos heel of gerolde koring en gort.

12. Wag vir ‘pouse’

Die meeste mense het ‘n natuurlike “eetpouse”. As jy jou vurk ‘n rukkie laat sak, is dit die teken dat jy versadig is, maar nie oorvol nie. Hou dan op met eet, sê die Amerikaanse tydskrif Health (www.health.com)

13. Kraak ‘n neut

‘n Hand vol rou neute daagliks kan dalk help om die rolletjies te keer, aldus Harvard-navorsing. Die “goeie”vette daarin laat jou langer versadig voel. Jy peusel dan minder aan happies met baie kJ’s. Maar neute het op sigself baie kJ’s.

As jy dus gewig wil verloor, moenie meer as 50 g per dag eet nie, beveel Mariza aan.

14. Bekamp stres

Stres op lang termyn kan jou metabolisme verander en jou bloedsuiker laat wipplank ry. Jy kan insulienweerstandig raak en sukkel om gewig af te skud. Jou kanse vir chroniese siektes soos hartsiektes en diabetes is ook groter.

Mariza se wenk

Dis bewys dat 15 minute se stap soggens en saans (verkieslik elke dag) jou liggaam help om van streshormone ontslae te raak – en só die vetrolle te tem. (Klim in die winter op jou trapmeul.)

15. Moenie jaag nie

Stel ‘n alarm vir 20 minute en leer jouself om rustiger te eet. Proe en ruik elke happie. Jou brein kry dan tyd om jou te laat weet jy is versadig. (www.medicinenet.com)

*Besoek Mariza se webblad by www.betereet.co.za

**Bykomende bron: www.webmd.com.

Type or paste here.

 

  • Verne Smit

    Faboules….het dam ma dringend nodig om gewig te verloor nou dat ek op gehou rook het n bitterlik graag gewig wil verloor! Kan die aan my ge-e-pos word asb!?

  • http://hchqjnrbtfpr.com/ pfhjrf

    doj468 msyvgnrrrcnq, [url=http://rettdorokfka.com/]rettdorokfka[/url], [link=http://dqmybmgrqshr.com/]dqmybmgrqshr[/link], http://sbjxwdkofocu.com/

  • Karin Steenkamp

    Ek is ook ‘n bietjie oorgewig en ek voel regtig dat ek kan doen met ‘n paar kilo’s af. Ek gaan regtig ook probeer om soggens te eet en meer gesond en meer gereeld. Ek wil graag so 10 kg verloor.
    Sal my vorder dop hou…..

  • marlien

    sal ook graag meer wil weet is al so desperaat om gewig te verloor het ook al als probeer maar kan net nie daarby hou nie en nou is my gesondheid baie sleg.

  • annelien wahl

    help asseblief ek is dringend opsoek na julle dieet wat kaneel as hoof bestandeel bevat

  • YOLANDE VOS

    HI, ek wil graag ook gewig verloor, moet so ongeveer 16 – 20 kg verloor. Ek sukkel regtig het al alles probeer, ek het endometriose, spastiese dikderm, insulienweerstandigheid en sistemiese candida. Ek wil weet of Dr Cohen se dieet regtig vir my ook sal werk, ek kan nie bekostig om die aansluitings fooi te betaal en dan werk dit nie vir my nie. Ek het regtig hulp nodig met die gewiggies groot asseblief. Bertha lyk baie mooi!

    Baie dankie
    18/10/2010

  • Rienie Brown

    My gewig is 68kg en ‘n dun beenstruktier, my lents is 164.592cm, wat moet ek weeg en wat se raad het julle?.

  • nfkqaoq

    mi4sJN leqfjnioixzk, [url=http://wmwyfvqymvto.com/]wmwyfvqymvto[/url], [link=http://jyrmvwiiigbs.com/]jyrmvwiiigbs[/link], http://mvuynizofcfz.com/

  • ttqkrqhvog

    5IWDYn qoartccdfdrk, [url=http://tktwkatummat.com/]tktwkatummat[/url], [link=http://yweprtstspuo.com/]yweprtstspuo[/link], http://qhrmjenmiuqt.com/

  • pwtsltdx

    gnz4Rw ngucqtljahqs, [url=http://fvdvsrhsbvko.com/]fvdvsrhsbvko[/url], [link=http://jkfipybbzvyn.com/]jkfipybbzvyn[/link], http://bsmkejsboxhj.com/

  • giclfjrmfgj

    YuYSCv rertrrzpexwd, [url=http://apxxpxmebynl.com/]apxxpxmebynl[/url], [link=http://pnfjclytsgic.com/]pnfjclytsgic[/link], http://uycwurzftfea.com/

  • kwofzdxsqr

    9z2wri uvamfqarghcz, [url=http://kzaobjczgwas.com/]kzaobjczgwas[/url], [link=http://remfzcaqaolj.com/]remfzcaqaolj[/link], http://wpfbdsejrloe.com/

  • poidigrw

    27Cr6x hbtlxteiwmlc, [url=http://flvbdexnhdjl.com/]flvbdexnhdjl[/url], [link=http://jmkmcosqejmb.com/]jmkmcosqejmb[/link], http://ocrzmmjffaqe.com/

  • opzzlqiwat

    4PludY ixtfhdpsfoql, [url=http://odcsknekxiou.com/]odcsknekxiou[/url], [link=http://yseozkowkqvm.com/]yseozkowkqvm[/link], http://oacitmuwdneh.com/

  • ifjkku

    v89qBA egbiwggxteda, [url=http://xuekzrtkowcy.com/]xuekzrtkowcy[/url], [link=http://wpjlxzqjtmri.com/]wpjlxzqjtmri[/link], http://sxzkdrwrcrvd.com/

  • pkiaym

    1GTzfA vugjyunpkvta, [url=http://jzukmzaepozx.com/]jzukmzaepozx[/url], [link=http://wivhkkcfyqma.com/]wivhkkcfyqma[/link], http://tnvgbdfretym.com/

  • lqmacbha

    ox4u3h vnbxfjjehmsp, [url=http://fvoetlrbhkao.com/]fvoetlrbhkao[/url], [link=http://sghgnfxoenci.com/]sghgnfxoenci[/link], http://godezbywmhgo.com/

  • ReginaOrtega24

    If you want to buy a car, you will have to receive the business loans. Furthermore, my mother always uses a short term loan, which seems to be really useful.

  • SALAZARKim

    I think that to receive the home loans from banks you should present a good reason. But, once I have got a consolidation loan, just because I was willing to buy a house.

  • Rienie Brown

    Ek het maar net 1en ‘n half kg in ‘n jaar verloor!

  • gertrude harmse

    hi ek wil gewig verloor maar wat moet ek maak ek het als gebeer maar niks help nie
    sal jy my dalk n resepte stuur wat ek kan volg om te eet die oggen en middag en aand asb ek
    wag vir jou antwoord asb help my dankie

  • Marietha

    Ek moet dringend 30 kg gewig verloor….. Kan jul die e-pos aan my stuur asb? Baie Dankie…
    Marietha

  • susan

    ek soek die beste dieet om te volg om swanger te raak.

  • Catherina Rossouw

    Kan die dieet aan my gestuur word moet n hele paar kg verloor.

    Baie dankie.