• Carlo Booyzen

    Ek was so jammer om te hoor van Mathys, Ek het paar jaar terug my rug gebreek, net T11, 2 weke geloop en deur die genade met behulp van Dr Nel van Eugene Marais Hospitaal en Dr Booyze van Zuid Afrikaanse Hospitaal Pretoria, loop ek weer, Het met Mathys gesels by die Dros verlede jaar in Potch toe hy daar opgetree het.

  • Christa Kriek

    Ek is nooit amptelik voorgestel aan Rene nie, maar ken haar van voor haar geboorte – ek is haar ‘tannie’. Hoe bly was ek, en ons as familie nie oor haar geboorte nie, want, sy was die dogtertjie vir wie ek pienk kleertjies kon koop. Ek self het nie ‘n dogtertjie gehad nie, net twee seuns. Almal het haar so spesiaal gevind van kleintyd af en so is sy nog altyd. Weet wat sy uit die lewe wil hê en werk kliphard daarvoor. Haar kreatiwiteit hou aan, en aan, en aan. Vera is ook my sus wat ek nooit gehad het nie. Saam het ons ook al ‘n sak sout opgeëet en is dit altyd vir my lekker om ook haar ondernemingsgees en kreatiwiteit te ervaar. Sterkte vir julle twee. Dis nie meer lank nie, dan is Rene hopelik terug in Suid-Afrika en kan julle weer alles saamdoen wat julle graag wil. Liefde Christa Kriek

  • http://www.skoor.wordpress.com Skoor

    Sjoe. Ek is nie ‘n fan van Amor of Joost nie, maar die pyn waardeur hierdie vrou is, is onregverdig.

    Amor, gelowige mense glo dinge gebeur met ‘n doel, maar hierdie soort ding het ook in ons gesin gebeur. En ons sien steeds nie die doel hierin nie. Nie dat dit ons minder gelowig gemaak het nie, inteendeel.

    Sterkte. Ek weet nie wat jou hierdeur sal dra nie. Leef dag vir dag. Trap lig. Huil jouself gesond. Praat – met mense wat luister, nie wat ‘n storie soek nie. Miskien sal ons eendag kan terugkyk en die doel sien. Hopelik!