Spesiaal vir Desember! Die reg-vir-Kersfees-eetplan
Foto’s: Donna Lewis Galery
Hier’s die ideale oplossing om die feestyd te geniet sonder om agterna ronder te wees – ’n spesiale dieet vóór Kersfees en een daarna!
Nou hoekom voel dit al weer asof tyd vinniger verbyvlieg as wat vetrolletjies wegsmelt? ’n Mens het nog nie eens laas jaar se ekstra Kersfeeskilogramme afgeskud nie en hier is die feestyd al weer op ons. En wees nou eerlik: Wie gaan nie wéér swig voor die lekker Kerskos nie?
Die dilemma: Hoe om goed te lyk in jou baaibroek én te keer dat jy die nuwe jaar nóg ronder binnegaan.
Die oplossing: ’n Gesonde eetplan om vóór Kersfees te volg en ’n paar kilogram te verloor, en nog een vir ná Nuwejaar. Die eetplanne is spesiaal vir ons opgestel deur die geregistreerde dieetkundige dr. Martie de Wet, wat ’n praktyk by die Mayo-kliniek in Roodepoort, Gauteng, het.
Volg vir tien dae vóór Kersfees Martie se Reg vir Kersfees-eetplan en vir tien dae ná Nuwejaar haar Regruk-eetplan. Dié eetplanne is só opgestel dat jy dit maklik tot twee weke op ’n slag kan verleng. Met die Reg vir Kersfees-eetplan kan jy in tien dae tussen een en ’n half en twee kilogram verloor, sodat jy met ’n lekker hart ’n bietjie tussen Kersfees en Nuwejaar kan kul sonder om uiteindelik soos ’n balie op die strand te lyk. Dié eetplan sal jou ook gesond en energiek laat voel. Volg die Regruk-eetplan ná Nuwejaar om jou liggaam te ontgif en om enige nuwe vetjies af te skud.
“Hierdie is nie uithonger-diëte wat uiters vinnige gewigsverlies sal veroorsaak nie. Dis gesond om tussen 500 g en een kilogram in ’n week te verloor,” sê Martie. Die goue reël is om altyd verstandig te eet – ook sover moontlik oor Kersfees. “Probeer slim eet sodat jy die feestyd kan geniet sonder dat jy te veel gewig aansit,” gesels Martie. “’n Klein bederfie hier en daar sal nie erge gewigstoename veroorsaak nie. Dis wanneer ’n mens alles oorboord gooi dat die vetjies vinnig aanpak.”
Jou eetplan
| DAG 1 | DAG 2 | DAG 3 |
| ONTBYT | ONTBYT | ONTBYT |
| • ½ k. hoëvesel-ontbytgraan (bv. All Bran-vlokkies) • ½ k. vetvrye melk • 1 medium-vrug (sien kassie op bl. 154 vir vrugte wat jy mag eet en hul porsiegroottes) • strooi 1 t. saadmengsel oor (resep op bl.154) |
Franse roosterbrood • eet daarby 2 e. vetvrye maaskaas en ’nmedium-vrug |
• 1 k. vars vrugteslaai • 175 ml laevet-jogurt • strooi 10 amandels oor |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 1 appel • 1 e. grondboontjiebotter (sny appel in wiggies en doop in grondboontjiebotter) |
• 3 gedroogde peerhelftes • 30 g maer biltong |
• 3 volgraan-beskuitjies (bv. Provita) • 2 e. laevet-maaskaas |
| MIDDAGETE | MIDDAGETE | MIDDAGETE |
| • 2 snye lae-GI-brood • 1 skyfie maer ham • 30gmozzarella-kaas • 1 – 2 k. gekerfde tamatie, ui, komkommer, seldery en blaarslaai (jy kan dit op die brood sit of as slaai saam met jou toebroodjie eet) •1 e. laevet-mayonnaise |
• 1 k. gaar durum-pasta |
• 1 volgraan-pitabrood •1 geroosterde hoenderborsie, gekerf • 1 – 2 k. gekerfde tamatie, vars kool, ui, agurkie en soetrissie •2 e. jogurtsous (meng ongegeurde jogurt met knoffel, sout en gerasperde komkommer) •1 e. hoemoes |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 100 ml laevet-jogurt •1 e. rosyne |
•1 medium-vrug •1 e. neute (sowat 10 neute) |
•1 medium-vrug • 30 g laevet-kaas (grootte van ‘n vuurhoutjie-dosie) |
| AANDETE | AANDETE | AANDETE |
| Vark-roerbraai • 120 g varkvleis-repies, gebraai in 1 e. olyfolie •½ k. gaar bruinrys • 2 k. roerbraai-groente •2 e. soetsuur-sous |
• 120 g geroosterde hoenderborsie Roerbraaigroente •2 baba-aartappels, ¼ k. pampoen, 2 – 3 k. gekerfde eiervrug, murgpampoentjie, soetrissie, ui, vlapampoentjie (patty pan) en kersietamatie (sit in oondpan, sprinkel speserye en 2 t. olyfolie oor en bak tot groente sag is) |
Volstruis-burger |
| DAG 4 | DAG 5 |
| ONTBYT | ONTBYT |
|
• 3 e. sampioene, gebraai sonder botter • 1 sny lae-GI-brood • strooi 2 eetlepels gerasperde mozzarella-kaas oor en roostee •1 appel |
• 3 volgraan-beskuitjies (bv. Provita) • 1 gekookte eier, in skywe gesny • 2 e. vetvrye maaskaas • ¼ avokado • 1 e. soetrissiesous • 1 peer |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 1 medium-vrug • 1 e. neute (sowat 10 neute) |
• 3 skywe spanspek • 2 skywe maer kouevleis |
| MIDDAGETE | MIDDAGETE |
| • 6 volgraan-beskuitjies (waarop jy alles hieronder kan pak – gelyk!) •2 e. laevet-maaskaas, 2 e. gerasperde biltong of 6 repies biltong, 1 e. laevetmayonnaise, 1 t. lite-blatjang, 6 skywe tamatie, blaarslaai en basiliekruid |
•3 – 4 baba-aartappels •½ k. gestoomde groenbone •½ k. kersietamaties •½ k. gekerfde komkommer en soetrissie • 60 g feta-kaas (½ wiel) •5 olywe • maak ’n slaaisous van ’n ½ t. sout, 1 e. olyfolie, knoffel en suurlemoensap na smaak (meng alles vir aartappelslaai) |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| •1 ontbytstafie (bv. ’n Jungle Bar) | • 2 k. springmielies (gemaak met 1 e. olie of ’n springmielie-masjien) |
| AANDETE | AANDETE |
| •½medium-patat in foelie gebak vir 30 min. of tot gaar. • 150 g (2 handpalms) geroosterde laevetvis (bv. stokvis/koningklip), gegeur met tiemie, swartpeper en suurlemoen • roerbraai wortels, groenbone en rooi soetrissie in 2 t. olyf- of canola-olie • 1 k. gestoomde broccoli en blomkool |
Braaivleis • 120 g beesfilet, gerooster •1 mielie in foelie gaargemaak • 2 k. mengelslaai met enige van die vry groentes op bl. 158 • 1 t. laevet-margarien vir mielie en 1 e. laevet-slaaisous vir slaai |
Om te weet
’n Medium-vrug kan wees
1 appel, peer, perske, lemoen of nartjie so groot soos ’n tennisbal, 1 klein piesang, 3 kleiner vrugte soos
appelkose en pruime, 1 e. droëvrugte, 2 kiwivrugte, 5 lietsjies, 1 klein tros druiwe (vuisgrootte), 1 klein of ½ groot mango, 1 sny waatlemoen (25 mm dik), 1 koppie vrugteslaai, papaja of gekerfde vrugte, 3 dun skywe pynappel, 1 klein papino, 200 g aarbeie, 1 Tru Fruit-stafie
Saadmengsel Meng in ’n houer 1/3 sonneblom-, 1/3 lyn- en 1/3 pampoensaad. Gebruik oor slaai of ontbytgraan of eet net so as ’n tussenhappie.
Afmetings
1 t. = 1 teelepel/5 ml
1 e. = 1 eetlepel/15 ml
½ e. = ½ eetlepel/7,5 ml
¼ k. = ¼ koppie/60 ml
½ k. = 125 ml
1/3 k. = 80 ml
1 k. = 250 ml
Om te weet
* Herhaal die vyfdagplan om dit vir 10 dae of 14 dae te volg. Jy kan ook jou eie eetplan saamstel, bv. ontbyt dag 1, middagete dag 4 en aandete dag 2.
* Porsiegroottes is belangrik – hou by die hoeveelhede aangedui op die eetplan.
* Eet klein, gereelde maaltye – moenie etes oorslaan nie.
* Drink 6 – 8 glase (2 liter) water per dag.
* Vermy suiker. Kunsmatige versoeter kan spaarsaam gebruik word. Bly ook weg van alle vrugtesappe, aanmaakkoeldrank, ystee en gegeurde water.
* Eet eerder jou vrug en drink ’n glas water of drink ’n maksimum van 500 ml kunsmatig versoete koeldrank per dag.
*Moenie die groente of slaai met maaltye uitlaat nie.
* Drink ‘n maksimum van 3 koppies koffie of tee per dag. Jy kan wel soveel rooibostee drink soos jy wil, sonder suiker en melk. Of die melk moet binne dié hoeveelheid val: Gebruik 125 ml laevet- of vetvrye melk per dag vir koffie en tee.
* Gaarmaakmetodes is belangrik: oondbak, stoom, oondrooster, kook of maak geregte in jou mikrogolfoond gaar.
* Alkohol: Aangesien dit vakansie is, wil jy dalk ’n drankie geniet. Jy kan 2 drankies drink in die 10 dae – dit sluit in 125 ml ligte wyn of 1 ligte bier. Vermy eerder die hardehout en mengeldrankies.
* Nagereg: Jy kan 2 keer in die 10 dae een van die volgende nageregte kies (moenie alkohol en nagereg op dieselfde dag gebruik nie): caffè latte met vetvrye melk; cappuccino met skuim; ½ k. laevet vla met 1 vingerbeskuitjie; Gebakte appel-nagereg: Verwyder middel van appel, maar hou appel heel. Draai in foelie toe en bak vir 20 min. teen 180 °C. Haal uit oond en vul die ontklokte appel met Kersfeeskoek. Draai weer in foelie toe, bak ’n verdere 10 min. en geniet!
Inligting:
Martie de Wet: 011 475 7992
of 083 274 7807, of stuur 'n e-pos na martiedewet@live.co.za
Verwante artikels
-
Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 15
Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers
-
Jou dieet-vrae beantwoord
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Jy eet laevetkos, maar verloor nie gewig nie. Of jy's 'n uur ná ontbyt weer honger. Jou kwelvrae het gelukkig eenvoudige antwoorde.
-
Jy en jou cravings - dieetkundiges gee raad
SARIE - Oktober 2010
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenk 6 - 15)
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 8
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor












Kommentaar
Mariët het gesê:
Great! Ek gaan beslis die dieet volg. Sal laat weet.
31ste Jan. 2012, 08:49mariette het gesê:
Kom nou net op die regte tyd, dankie.
15de Des. 2011, 10:03Dorette het gesê:
Dit is mens se lewenstyl wat tel!! Hoe en wat jy eet elke dag en wanneer!!! My ma het altyd gesè: "My kind onthou die kos wat jy nie voor bid nie maak vet" en dis so waar!! Dink 'n bietjie daaroor.
15de Des. 2011, 09:44sinclair het gesê:
hoe kan dit wees
2de Aug. 2011, 23:21