sr1012dieet02
Dieet

Spesiaal vir Desember! Die reg-vir-Kersfees-eetplan

Nou hoekom voel dit al weer asof tyd vinniger verbyvlieg as wat vetrolletjies wegsmelt? ’n Mens het nog nie eens laas jaar se ekstra Kersfeeskilogramme afgeskud nie en hier is die feestyd al weer op ons. En wees nou eerlik: Wie gaan nie wéér swig voor die lekker Kerskos nie?

Die dilemma: Hoe om goed te lyk in jou baaibroek én te keer dat jy die nuwe jaar nóg ronder binnegaan.

Die oplossing: ’n Gesonde eetplan om vóór Kersfees te volg en ’n paar kilogram te verloor, en nog een vir ná Nuwejaar. Die eetplanne is spesiaal vir ons opgestel deur die geregistreerde dieetkundige dr. Martie de Wet, wat ’n praktyk by die Mayo-kliniek in Roodepoort, Gauteng, het.

Volg vir tien dae vóór Kersfees Martie se Reg vir Kersfees-eetplan en vir tien dae ná Nuwejaar haar Regruk-eetplan. Dié eetplanne is só opgestel dat jy dit maklik tot twee weke op ’n slag kan verleng. Met die Reg vir Kersfees-eetplan kan jy in tien dae tussen een en ’n half en twee kilogram verloor, sodat jy met ’n lekker hart ’n bietjie tussen Kersfees en Nuwejaar kan kul sonder om uiteindelik soos ’n balie op die strand te lyk. Dié eetplan sal jou ook gesond en energiek laat voel. Volg die Regruk-eetplan ná Nuwejaar om jou liggaam te ontgif en om enige nuwe vetjies af te skud.

“Hierdie is nie uithonger-diëte wat uiters vinnige gewigsverlies sal veroorsaak nie. Dis gesond om tussen 500 g en een kilogram in ’n week te verloor,” sê Martie. Die goue reël is om altyd verstandig te eet – ook sover moontlik oor Kersfees. “Probeer slim eet sodat jy die feestyd kan geniet sonder dat jy te veel gewig aansit,” gesels Martie. “’n Klein bederfie hier en daar sal nie erge gewigstoename veroorsaak nie. Dis wanneer ’n mens alles oorboord gooi dat die vetjies vinnig aanpak.”

Jou eetplan

DAG 1 DAG 2 DAG 3
ONTBYT ONTBYT ONTBYT
• ½ k. hoëvesel-ontbytgraan (bv. All
Bran-vlokkies)
• ½ k. vetvrye melk
• 1 medium-vrug (sien kassie op
bl. 154 vir vrugte wat jy mag eet en
hul porsiegroottes)
• strooi 1 t. saadmengsel oor (resep op bl.154)

Franse roosterbrood
• meng 1 eier, ’n knippie kaneel en
neutmuskaat en 1 t. bruinsuiker
• doop 1 sny lae-GI-brood in
eiermengsel en braai in kleefvrye pan

• eet daarby 2 e. vetvrye maaskaas en ’nmedium-vrug

• 1 k. vars vrugteslaai
• 175 ml laevet-jogurt
• strooi 10 amandels oor
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
• 1 appel
• 1 e. grondboontjiebotter
(sny appel in wiggies en doop in
grondboontjiebotter)
• 3 gedroogde peerhelftes
• 30 g maer biltong
• 3 volgraan-beskuitjies (bv. Provita)
• 2 e. laevet-maaskaas
MIDDAGETE MIDDAGETE MIDDAGETE
• 2 snye lae-GI-brood
• 1 skyfie maer ham
• 30gmozzarella-kaas
• 1 – 2 k. gekerfde tamatie, ui,
komkommer, seldery en blaarslaai
(jy kan dit op die brood sit of as slaai saam
met jou toebroodjie eet)
•1 e. laevet-mayonnaise

• 1 k. gaar durum-pasta
• 90 g tuna in water
• 1 k. gekerfde tamatie, komkommer, ui,rooi en/of geel soetrissie
•1 e. laevet-mayonnaise

• 1 volgraan-pitabrood
•1 geroosterde hoenderborsie, gekerf
• 1 – 2 k. gekerfde tamatie, vars kool, ui,
agurkie en soetrissie
•2 e. jogurtsous (meng ongegeurde
jogurt met knoffel, sout en gerasperde
komkommer)
•1 e. hoemoes
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
• 100 ml laevet-jogurt
•1 e. rosyne
•1 medium-vrug
•1 e. neute (sowat 10 neute)
•1 medium-vrug
• 30 g laevet-kaas (grootte van ‘n
vuurhoutjie-dosie)
AANDETE AANDETE AANDETE
Vark-roerbraai
• 120 g varkvleis-repies, gebraai in
1 e. olyfolie
•½ k. gaar bruinrys
• 2 k. roerbraai-groente
•2 e. soetsuur-sous
• 120 g geroosterde hoenderborsie
Roerbraaigroente
•2 baba-aartappels, ¼ k. pampoen,
2 – 3 k. gekerfde eiervrug,
murgpampoentjie, soetrissie, ui,
vlapampoentjie (patty pan) en
kersietamatie
(sit in oondpan, sprinkel speserye en 2 t.
olyfolie oor en bak tot groente sag is)

Volstruis-burger
• 120 g volstruis-maalvleis (meng met
speserye, vorm ’n patty en rooster in oond)
• 1 klein saadrolletjie
• maak die burger met 1 e. lite-blatjang,
2 skyfies tamatie en ‘n paar slaaiblare
• mengelslaai met enige van die vry
groentes (sien bl. 158) met 1 e. laevetslaaisous

   
   
DAG 4 DAG 5
ONTBYT ONTBYT

• 3 e. sampioene, gebraai sonder botter
of olie in ’n kleefvrye pan
• 3 skywe tamatie

• 1 sny lae-GI-brood 

• strooi 2 eetlepels gerasperde mozzarella-kaas oor en roostee

•1 appel

• 3 volgraan-beskuitjies (bv. Provita)
• 1 gekookte eier, in skywe gesny
• 2 e. vetvrye maaskaas
• ¼ avokado
• 1 e. soetrissiesous
• 1 peer
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
• 1 medium-vrug
• 1 e. neute (sowat 10 neute)
• 3 skywe spanspek
• 2 skywe maer kouevleis
MIDDAGETE MIDDAGETE
• 6 volgraan-beskuitjies (waarop jy alles
hieronder kan pak – gelyk!)
•2 e. laevet-maaskaas, 2 e. gerasperde
biltong of 6 repies biltong, 1 e. laevetmayonnaise,
1 t. lite-blatjang, 6 skywe
tamatie, blaarslaai en basiliekruid
•3 – 4 baba-aartappels
•½ k. gestoomde groenbone
•½ k. kersietamaties
•½ k. gekerfde komkommer en soetrissie
• 60 g feta-kaas (½ wiel)
•5 olywe
• maak ’n slaaisous van ’n ½ t. sout, 1 e.
olyfolie, knoffel en suurlemoensap na
smaak (meng alles vir aartappelslaai)
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
•1 ontbytstafie (bv. ’n Jungle Bar) • 2 k. springmielies (gemaak met 1 e. olie
of ’n springmielie-masjien)
AANDETE AANDETE
•½medium-patat in foelie gebak vir
30 min. of tot gaar.
• 150 g (2 handpalms) geroosterde laevetvis
(bv. stokvis/koningklip), gegeur met
tiemie, swartpeper en suurlemoen
• roerbraai wortels, groenbone en rooi
soetrissie in 2 t. olyf- of canola-olie
• 1 k. gestoomde broccoli en blomkool
Braaivleis
• 120 g beesfilet, gerooster
•1 mielie in foelie gaargemaak
• 2 k. mengelslaai met enige van die vry
groentes op bl. 158
• 1 t. laevet-margarien vir mielie en 1 e.
laevet-slaaisous vir slaai

Om te weet

’n Medium-vrug kan wees
1 appel, peer, perske, lemoen of nartjie so groot soos ’n tennisbal, 1 klein piesang, 3 kleiner vrugte soos
appelkose en pruime, 1 e. droëvrugte, 2 kiwivrugte, 5 lietsjies, 1 klein tros druiwe (vuisgrootte), 1 klein of ½ groot mango, 1 sny waatlemoen (25 mm dik), 1 koppie vrugteslaai, papaja of gekerfde vrugte, 3 dun skywe pynappel, 1 klein papino, 200 g aarbeie, 1 Tru Fruit-stafie

Saadmengsel Meng in ’n houer 1/3 sonneblom-, 1/3 lyn- en 1/3 pampoensaad. Gebruik oor slaai of ontbytgraan of eet net so as ’n tussenhappie.

Afmetings

1 t. = 1 teelepel/5 ml
1 e. = 1 eetlepel/15 ml
½ e. = ½ eetlepel/7,5 ml
¼ k. = ¼ koppie/60 ml
½ k. = 125 ml
1/3 k. = 80 ml
1 k. = 250 ml

Om te weet

* Herhaal die vyfdagplan om dit vir 10 dae of 14 dae te volg. Jy kan ook jou eie eetplan saamstel, bv. ontbyt dag 1, middagete dag 4 en aandete dag 2.

* Porsiegroottes is belangrik – hou by die hoeveelhede aangedui op die eetplan.

* Eet klein, gereelde maaltye – moenie etes oorslaan nie.

* Drink 6 – 8 glase (2 liter) water per dag.

* Vermy suiker. Kunsmatige versoeter kan spaarsaam gebruik word. Bly ook weg van alle vrugtesappe, aanmaakkoeldrank, ystee en gegeurde water.

* Eet eerder jou vrug en drink ’n glas water of drink ’n maksimum van 500 ml kunsmatig versoete koeldrank per dag.

*Moenie die groente of slaai met maaltye uitlaat nie.

* Drink ‘n maksimum van 3 koppies koffie of tee per dag. Jy kan wel soveel rooibostee drink soos jy wil, sonder suiker en melk. Of die melk moet binne dié hoeveelheid val: Gebruik 125 ml laevet- of vetvrye melk per dag vir koffie en tee.

* Gaarmaakmetodes is belangrik: oondbak, stoom, oondrooster, kook of maak geregte in jou mikrogolfoond gaar.

* Alkohol: Aangesien dit vakansie is, wil jy dalk ’n drankie geniet. Jy kan 2 drankies drink in die 10 dae – dit sluit in 125 ml ligte wyn of 1 ligte bier. Vermy eerder die hardehout en mengeldrankies.

* Nagereg: Jy kan 2 keer in die 10 dae een van die volgende nageregte kies (moenie alkohol en nagereg op dieselfde dag gebruik nie): caffè latte met vetvrye melk; cappuccino met skuim; ½ k. laevet vla met 1 vingerbeskuitjie; Gebakte appel-nagereg: Verwyder middel van appel, maar hou appel heel. Draai in foelie toe en bak vir 20 min. teen 180 °C. Haal uit oond en vul die ontklokte appel met Kersfeeskoek. Draai weer in foelie toe, bak ’n verdere 10 min. en geniet!

Inligting:
Martie de Wet: 011 475 7992
of 083 274 7807, of stuur ‘n e-pos na martiedewet@live.co.za

  • sinclair

    hoe kan dit wees

  • sinclair

    hoe kan dit wees

  • sinclair

    hoe kan dit wees

  • sinclair

    hoe kan dit wees

  • sinclair

    hoe kan dit wees

  • sinclair

    hoe kan dit wees

  • Dorette

    Dit is mens se lewenstyl wat tel!! Hoe en wat jy eet elke dag en wanneer!!! My ma het altyd gesè: "My kind onthou die kos wat jy nie voor bid nie maak vet" en dis so waar!! Dink ‘n bietjie daaroor.

  • mariette

    Kom nou net op die regte tyd, dankie.

  • Mariët

    Great! Ek gaan beslis die dieet volg. Sal laat weet.