Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
Dit dra by tot gewigsprobleme wat jou nog meer blou laat voel, dus 'n bose kringloop.
'n Dieet wat bestaan uit baie verfynde en geprosesseerde kosse, kan by veral middeljarige vroue bydra tot depressie, aldus 'n studie wat in die Britse joernaal vir psigiatrie gepubliseer is. Sowat 3 500 vroue het aan die studie deelgeneem. Na vyf jaar was dit duidelik dat dié wat baie minder verfynde en geprosesseerde kosse geëet het, minder geneig was om aan depressie te ly.
5 wenke
- Eet vir ontbyt rou, gerolde hawermout, gekook of gerooster, met neute en droë vrugte. Of net vars vrugte en jogurt.
- Kweek die gewoonte aan om tussen maaltye vars vrugte te eet. As jy lief vir sap is, vervang een vrugteporsie per dag met sowat 100 ml sap. Verdun dit altyd met water/soda/fonteinwater en geniet saam met 'n vrug.
- Moenie meer as een keer per dag iets eet wat 'kits' en klaargemaak is nie - hetsy dit soet of sout is. Soos energiestafies, souse, skyfies, kits-noodles, ens.
- Onderskei tussen 'kitskos' en geriefkos. 'n Romerige sous waarby jy net water gooi is waarskynlik eerder ''kits''. Terwyl 'n blikkie vis nie kitskos is nie, maar eerder gerieflik.
- Eksperimenteer met jou eie 'kits'-etes. Jy kan goeie, onverfynde staatmakers soos gerolde hawermout, grofgemaalde mieliemeel, gort, rys, lensies en selfs aartappels en patats, vooraf kook en in die yskas bêre. Voeg daarby rou groente en 'n lekker sousie vir middagete. Of vleis en groente saam in 'n pot gekook vir aandete. En siedaar - gesonde kos in 'n kits.
Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.
Verwante artikels
-
"As ek mismoedig is wil ek net eet"
SARIE Julie 2010
-
"My vrou is bipolêr depressief"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 10
"Ek het self die pyn van depressie ervaar - ek verstaan beter." John Gradidge moes 'n steunpilaar vir sy bipolêr-depressiewe vrou wees, maar omdat hy self depressie ervaar het, verstaan hy haar en hulle verhouding beter. Hy vertel sy storie
-
Die alleenheid kom net wéér...
SARIE - April 2010
-
Ek het ontwaak uit depressie - SARIE-leser vertel
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
-
Gesonder aarbei-wafers
SARIE KOS Somer 2009/10
Kies 'n houer met reguit kante wat sowat 7 cm diep is en waarin 12 wafers gemaklik pas sodat jy die minimum roomys "verloor" wanneer jy dit sny om tussen hulle te pas. van sowat 150 g.
-
Gesonder groente-terrien
SARIE KOS Somer 2009/10
Heerlik saam met roosterbrood, kraakbeskuitjies of 'n sny saadbrood.
-
Gesonder peer-sjokoladekoek
SARIE KOS Lente 2009
Minder ryk steeds so lekker
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins
SARIE KOS Lente 2009
-
Jou dieet-vrae beantwoord
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Jy eet laevetkos, maar verloor nie gewig nie. Of jy's 'n uur ná ontbyt weer honger. Jou kwelvrae het gelukkig eenvoudige antwoorde.
-
Jou kind en aspirien
SARIE - Junie 2009
Hoekom is aspirien gevaarlik vir jou kind? Lees ook oor vroue en hartsiektes, jou metaboliese spoed en menstruele siklus en 'n Afrikaanse gesondheidsgids vir vroue
-
Kinders en depressie: Julle sê op Facebook
SARIE Maart 2010
-
Om te vergewe
SARIE - April 2010
Dis seker een van die grootste uitdagings - vergifnis vir iemand wat jou kwaad aangedoen het. Maar as jy dit regkry, is jy die wenner
-
SARIE GESOND nóú te koop!
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 11
Voel, lyk en wees jou beste met SARIE GESOND, 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. In dié uitgawe: 30 bl'e se 'altyd jonk'-wenke, aanpassings op Nataniël se lensie-dieet, bekendes verklap hoe hulle stres vasvat en alles oor klein kosmetiese prosedures












Kommentaar