Dieet

Voorkom depressie met ‘n gesonde dieet

Dit dra by tot gewigsprobleme wat jou nog meer blou laat voel, dus ‘n bose kringloop.

‘n Dieet wat bestaan uit baie verfynde en geprosesseerde kosse, kan by veral middeljarige vroue bydra tot depressie, aldus ‘n studie wat in die Britse joernaal vir psigiatrie gepubliseer is. Sowat 3 500 vroue het aan die studie deelgeneem. Na vyf jaar was dit duidelik dat dié wat baie minder verfynde en geprosesseerde kosse geëet het, minder geneig was om aan depressie te ly.

5 wenke

  1. Eet vir ontbyt rou, gerolde hawermout, gekook of gerooster, met neute en droë vrugte. Of net vars vrugte en jogurt.
  2. Kweek die gewoonte aan om tussen maaltye vars vrugte te eet. As jy lief vir sap is, vervang een vrugteporsie per dag met sowat 100 ml sap. Verdun dit altyd met water/soda/fonteinwater en geniet saam met ‘n vrug.
  3. Moenie meer as een keer per dag iets eet wat ‘kits’ en klaargemaak is nie – hetsy dit soet of sout is. Soos energiestafies, souse,  skyfies, kits-noodles, ens.
  4. Onderskei tussen ‘kitskos’ en geriefkos. ‘n Romerige sous waarby jy net water gooi is waarskynlik eerder ”kits”. Terwyl ‘n blikkie vis nie kitskos is nie, maar eerder gerieflik. 
  5. Eksperimenteer met jou eie ‘kits’-etes. Jy kan goeie, onverfynde staatmakers soos gerolde hawermout, grofgemaalde mieliemeel, gort, rys, lensies en selfs aartappels en patats, vooraf kook en in die yskas bêre. Voeg daarby rou groente en ‘n lekker sousie vir middagete. Of vleis en groente saam in ‘n pot gekook vir aandete. En siedaar – gesonde kos in ‘n kits.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.

  • TjyJe4 vhlzcewggygg, [url=http://sbanvunmqhav.com/]sbanvunmqhav[/url], [link=http://lrddjaaklent.com/]lrddjaaklent[/link], http://qdmoepwxzres.com/

  • H.M.Germishuizen

    Ek was so 2jaar terug op antideprasante gesit en ek het al hoe meer gewig aan gesit.Nadat ek ander pille antideprasante gekry het om te probeer was ek so huillerig en af dat ek gedink het ek was besig om mal te word.So ek dink hou jou besig met positive dinge eet reg kry genoeg oefeninge en as iets jou pla praat hard op met jou self of selfs met ‘n boom.

    Kyk mooi dit help ek is op geen medikasie nie en ek is besig om gesond te word.

  • marie

    RINA GROBBELAAR SE KOMMENTAAR OOR HULLE VRIENDE SE VROU WAT AAN DEPRESSIE LY..DIE KINDERTJIES EN MAN WAT DAAR ONDER LEI,WANT SY HET AL PROBEER SELFMOORD PLEEG EN DIT WAS NIE SUKSESVOL NIE… EN DAT JY RINA WAT SE SY MOET HARDER PROBEEER DAT DIE SELFMOORD SUKSESVOL MOET WEES….JY RINA GROBBELAAR .HET GEEN IDEE HOE DIT IS OM N DEPRESSIE LYER TE WEES NIE….EN DIE WOORDE WAT JY OOR HAAR (DIE DEPRESSIE LYER MA) UIT GESPREEK HET GAAN JOU NOG DUUR TE STAAN KOM….STAAN HAAR EERDER BY. GAAN LEES OOR DEPRESSIE…ONS WAT DAARAAN LY KAN NIE VIR JOU BREIN SE WAT OM TE DOEN NIE. JY IS HEELTEMAL HULPELOOS..MAGTELOOS…N MENS WIL NET DOOD GAAN, WANT JA JOU HUIS MENSE LEI DAARONDER, WAT JOU HART BREEK…. EN NIEMAND VERSTAAN HOE JY BINNE IN JOU AS MENS VOEL… EK HOOP DAT JY RINA MY WIL KONTAK. E-MAIL siza@lantic.net

  • Johanna

    Ek lees die brief van marie het gesê: Dan besef mens hoe min weet ons mense van depressie. Jy hoor maar altyd mense praat daaroor maar mens besef nie werklik wat daardie mense deurgaan wat dit het nie. Jy weet nie wat is die simptome nie. Dan is daar mense wat sê sulke mense is selfsugtig wat selfmoord pleeg. Ons het ons seun so ses weke gelede verloor (Hy het selfmoord gepleeg.) Dan begin al die vrae. Wat het hom so gedryf. Nooit kon ons opmerk dat hy aan depressie ly nie. Nie ons as ouers sy broer wat so bitter naby hom was of sy susters nie. Nie eers sy naaste vriende kon iets opmerk nie. Hy was altyd die uitgesproke mens. Gehou van mense. Hy het sport beoefen. het ñ normale jongmens lewe gelei. Hy was 25jaar oud. Nou begin ons gesin navors om te kyk of ons iets kan optel of hy wel depressie gehad het. Ek wens vandag net ek het meer geweet van depressie dan sou ons dalks iets kon optel ek weet nie. So mense raak meer bewus oor depressie. Ons kan meskien mense help wat dit het en nie self besef hulle het dit nie. Moenie mense veroordeel wat selfmoord pleeg nie. Wat moet dit aan hulle vat om sover te gaan om dit te doen. Die familie wat agter bly kry bitter swaer, want dit is iemand wat nog liggaamlik gesond is niks makeer het nie en die volgende is hy/sy net weg. Ek dink partykeer kan die wat agter bly ook in depressie gaan asgevolg van al die hartseer.