FOTO: Instagram  @aerie

FOTO: Instagram @aerie

Dieet

Vroue met dieselfde liggaamsmassa-indeks kan anders lyk

Ses vroue wat almal 1,7 m lank is, 66 kg weeg en ’n liggaamsmassa-indeks (LMI) van 22,8 het, lyk nie noodwendig dieselfde nie, berig Cosmopolitan US

Dié illustrasie deur Body Labs bewys dié stelling.

Nie een van dié vroue is oorgewig nie, maar hulle lyk almal anders omdat hul liggaamsmassa verskillend versprei en saamgestel (die verhouding tussen vet-inhoud en spiermassa) is.

LMI is dus nie noodwendig ’n akkurate manier om iemand se gesondheid en fiksheid te meet nie.

Jonathan Schwartz van Body Labs verduidelik: Met LMI kan ’n fikse atleet as “oorgewig” geklassifiseer word. Of iemand met ’n normale LMI stoor dalk ’n oormaat vet om die middel, wat gesondheidsrisiko’s soos hartsiektes en diabetes kan inhou.

Bron: Cosmopolitan

Lees ook