Dieet

Weg met vet en diabetes vir ewig – hier’s raad

Die CSN-eetprogram is besig om mense regoor SA se lewens te verander. Lees van dié lewensveranderende stories híér.

Agtergrond

Christo Strydom, een van Suid‐Afrika se jongste vlieginstrukteurs ooit, het in die 70’s ‘n Indiese vlieënier ontmoet wat ook ‘n mediese dokter was. Hy het vir Christo ‘n resep gegee vir ‘n gebalanseerde groentesop om sy gewig op ‘n gesonde en konstante vlak te hou vir die gereelde mediese toetse wat vlieëniers moet slaag.

Na sy vliegloopbaan het Christo ‘n baie suksesvolle eiendomsontwikkelaar asook ‘n wildboer geword. Hy het die gasvryheidsbedryf betree met die bekende Bains Game Lodge in Bloemfontein as die vlagskip. Sowat 8 jaar gelede het Strydom die pyn en lyding van sy vriende en familie, wat aan leefstylsiektes ly, ervaar en het hy die sopdieet van die 70’s onthou. Hy het begin eksperimenteer met die sop en het vars vrugte, sekere groente en proteïene bygevoeg. Na verskeie proeflopies en aanpassings van die eetprogam is die CSN-eetprogram gebore.

DIABETES

  • 3,5 miljoen Suid‐Afrikaners ly aan diabetes

Diabetes ‘tsunami’ tref Suid-Afrika

“Die diabetes-tsunami is hier en ons het groot probleme”. Dit is die dringende waarskuwing van dr Larry Distiller, stigter en besturende direkteur van die Sentrum vir Diabetes en Endokrinologie in Johannesburg. Daar word geraam dat ‘n verdere vyf miljoen Suid‐Afrikaners aan pre‐diabetes ly. Dit is ‘n toestand waar insulien-weerstandigheid veroorsaak dat bloedglukosevlakke hoër as normaal is, maar nie hoog genoeg om as tipe 2‐diabetes geklassifiseer te word nie.

CSN kan jou help om die gevolge van diabetes te bekamp.

Verskeie CSN gevallestudies het merkwaardige resultate getoon waar pasiënte in samewerking met hul dokters die medikasiedosis verminder het en dan later die medikasie gestaak het.Walters le Roux het aan hoë bloeddruk en diabetes gely. Binne 24 uur het dr Johan Ferreira van Dewetsdorp sy insulien inspuitings en tablette verminder en vandag neem hy geen insulien medikasie nie. Hy het 80kg oor ‘n tydperk van 7 maande verloor.

PIETER BEKKER – ‘N LOPENDE WONDERWERK

Van 120 tot 0 eenhede insulien … binne 7 dae. Pieter het ‘n pasaangeër en het aan diabetes gely toe hy aan die CSN program begin deelneem het.

  • Sy hartfunksie was ‘n skamele 25%.
  • Binne 10 dae op die CSN program, het hy 10kg verloor.
  • Sy hartfunksie het vanaf 23% tot 47% toegeneem.
  • “Ek spaar nou R2 000 per maand op insulien”

WALTERS LE ROUX

Walters le Roux het aan hoë bloeddruk en diabetes gely. Binne 24 uur het dr Johan Ferreira van Dewetsdorp sy insulien inspuitings en tablette verminder en vandag neem hy geen insulien medikasie nie.

  • Hy het 80kg oor ‘n tydperk van 7 maande verloor.

products