FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Gesond

Is dit die einde van die bekende kameeltjie, Marlboro-man en ander sigaret-ikone?

’n Pakkie sigarette sónder die kenmerkende logo van die sigaretmaatskappy daarop? Met net groot, grafiese waarskuwings oor die gesondheidsgevare van tabak?

Tabak veroorsaak jaarliks die dood van sowat 44 000 Suid-Afrikaners. 31 Mei was Wêreld-geen-tabak-dag, maar die Franse en Britse rokers  moes hulle reeds met vaal verpakking versoen. Die idee is om tabakprodukte op dié manier so onaantreklik moontlik te maak; om rokers te laat herbesin en nuwe rokers te ontmoedig.

mood gesond rook

Nie eens laaste pogings om die wetgewing onwettig te verklaar kon verhoed wat dalk die tabaknywerheid se laaste doodskoot gaan wees nie. Soos verwag kan word, het die nuwe wetgewing verbruikers verdeel en was daar verskeie regsgedinge – wat tot dusver nie geslaag het nie.

Die groot vraag is nou: Wanneer gaan dit hier by ons gebeur? En hoe gaan Suid-Afrikaners reageer?

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het reeds in die openbaar gesê hy beskou die nuwe soort verpakking as ’n noodsaaklike deel van pogings om die verbruik van tabakprodukte te beheer. Die Hart-en-beroerte-stigting ondersteun dit in ’n verklaring en moedig Suid-Afrikaners aan om saam te staan teen die mees voorkombare oorsaak van hartsiektes en beroerte.

En op 31 Mei het Motsoaledi aan die SAUK gesê hy wil die verbod om in openbare plekke te rook nog strenger toepas. En hy wil die verkoop van sigarette by winkeltoonbanke stop. Lees die volledige storie op Netwerk24.

Navorsing het bevind dat “skoon” sigaretverpakking kan help dat mense nie begin rook nie, maar dit het glo nie juis ’n effek op ou rokers nie.

Vir meer inligting besoek The Heart and Stroke Foundation.

Kort jy hulp?

• Kontak: Hart-en-beroerte-hulplyn 0860 1 HEART (0860 1 4278)

• Nasionale quit-lyn 011 725 1514, www.againstsmoking.co.za

• SmokEnders 021 788 9120 / 011 487 0231 / 061 190 8147

• CANSA se e-Kick Butt-program

Lees nou

5 dinge wat jy kan doen om dadelik gesonder te wees

3 wenke vir bobaas-gesondheid