FOTO Instagram  @catrinmuse

FOTO Instagram @catrinmuse

Gesond

Eet sjokolade sonder skuldgevoel

Sjokolade is lank as ’n groot (effens verbode) bederf beskou. Nou wys ál meer studies veral donkersjokolade en kakao is goed vir jou gesondheid. Dit kan jou onder meer teen beroerte en hartaanvalle help beskerm.

1. Koop

Sjokolade met meer as 35% soliede kakao. (Kyk op die verpakking.) Hoe meer soliede kakao, hoe minder is die ander bestanddele soos suiker en melk. Eet ’n blokkie of twee per dag – méér het nie enige bykomende voordeel nie, wys Italiaanse navorsing.

2. Vir aroma

Sjokolade het meer as 300 chemiese bestanddele wat geur verskaf. Dit komplementeer gesonde kosse, soos aarbeie, frambose, suurlemoen, saffraan, pistasieneute, kokosneut, neutmuskaat, gemmer en rooipeper.

3. Wenke

Gooi vir die lekker 1 eetlepel gesmelte sjokolade/kakaopoeier per porsie oor

• vars, krakerige blomkool en broccoli
• seekos, bv. garnale en vis
• bloukaas of karringmelk

4. Kook met kakao

Gooi ’n teelepel gekapte kakaobone (cocoa nibs) in ’n smoothie. En ’n eetlepel in gebak of ander geregte. Dit gee ’n sjokoladegeur aan kos, sonder dat jy geprosesseerde sjokolade hoef te gebruik.

Nog idees

• Voeg ’n knippie fyngemaalde kakaobone by koffie.

• Sprinkel ’n bietjie oor avokado – dit bring die romerige, soet smaak na vore.

Bron: Sunette Kotze, geregistreerde dieetkundige en eienaar van The Health Shop: E-Spice, Magalieskruin, Pretoria

Kontak | 012 548 2762 | www.healthline.co.za