FOTO: Instagram  @styleiinspo

FOTO: Instagram @styleiinspo

Gesondheidstories

10 maklike veranderinge wat jou lewe kan verbeter!

Verandering is noodsaaklik, maar selde maklik. Gelukkig het Greatist ’n lys saamgestel van maklike veranderinge wat jóú lewe kan verbeter. 

Dié webtuiste, wat wil hê mense moet anders oor gesondheid dink, gee jou maklike wenke om jou fiksheid, gesondheid en geluk ’n hupstoot te gee.

10 veranderinge wat dadelik ’n verskil in jou lewe kan maak

  1. Wanneer daar ’n opsie tussen die hysbak en trappe is, kies altyd die trappe.
  2. In plaas van ’n 5-gang-maaltyd vir daardie spesiale afspraak, raak aktief. Iets soos ’n staproete in die pragtige natuurskoon kan ook lekker intiem wees.
  3. Jy kan baie meer uit jou oefensessie op die trapmeul (treadmill) kry deur die helling steiler te maak.
  4. Vervang vrugteroomys, wat baie suiker bevat, met bevrore druiwe. Dis net so lekker soet, maar gesonder.
  5. Moenie voor die TV sit en eet nie. Om die tafel sal jy minder eet én dit is lekkerder om te gesels.

    FOTO: Instagram @party7angel

    FOTO: Instagram @party7angel

  6. Vervang die suiker in jou pap, koffie en tee met kaneel.
  7. Wil jy met gesonder drankies kuier? Kies eerder rooiwyn en vermy drankies soos margaritas, wat baie suiker bevat.
  8. Bel eerder ’n vriend/vriendin as om ‘n SMS of WhatsApp te stuur. Dit is meer persoonlik en ’n vriendelike stem doen wonders vir die siel.

    FOTO: Insatgram  @thaisbarja

    FOTO: Instagram @thaisbarja

  9. Probeer om elke aand dieselfde tyd te gaan slaap. ’n Roetine help dat jy makliker aan die slaap raak.
  10. Stel klein doelwitte om jou nader aan jou groter doelwitte te bring. Byvoorbeeld: mik liewer om elke maand 1 kg te verloor, as om 12 kg in die hele 2015 te verloor.

Lees volledige lys van wenke HIER.

Lees ook