FOTO: Tim Robberts / Getty Images / Gallo Images

FOTO: Tim Robberts / Getty Images / Gallo Images

Gesondheidstories

10 voorbehoedmiddels – kies die regte een vir jou

Voorbehoedmiddels word in 3 groepe verdeel – ’n Kombinasie van estrogeen & progestogeen; Progestogeen allen en Ander

*Dié inligting kom uit die artikel “Bloedklonte en die pil: Ken jou risiko” in SARIE se September-uitgawe. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.

’n Kombinasie van estrogeen

1) Die gekombineerde Pil

Screen Shot 2015-10-28 at 11.07.00 AM

Voordele Maklik om te neem, bestendige maandstondes en siklus, kan aknee en menstruele simptome verbeter, en verminder risiko vir kanker van die baarmoeder en eierstokke. Jy kan ook jou siklus manipuleer: Jy kan ’n maandstonde heeltemal oorslaan of met ’n week vervroeg/vertraag deur die manipulasie van die 7 “onaktiewe” suikerpille. As jy die suikerpille begin neem, is dit jou liggaam se aanduiding dis tyd om te menstrueer. Prof. Leon Snyman sê dis veilig om die “onaktiewe” pille oor te slaan en nooit te menstrueer nie.

Moontlike nadele Vergeet om dit te neem, vogretensie, gewig fluktueer, libido verminder, hiperpigmentasie, groter risiko vir kroonslagaarsiektes en bloedklonte. Ook hoofpyne, buikopsetting (opgeblaasde maag), teer borste.

Prys Sowat R100 – 200 per maand.

2) NuvaRing

Screen Shot 2015-10-28 at 11.07.08 AM

Word in die vagina (rondom die serviks-mond) gesit, verwyder ná 21 dae en jy menstrueer dan, soos met die “onaktiewe” deel van die Pil.

Voordele Dieselfde as die Pil.

Moontlike nadele Vergeet om dit te verwyder, sit dit verkeerd in, word tydens omgang gevoel. Voorts dieselfde as die Pil.

Prys Sowat R132 per maand.

3) Ortho Evra-plakker

Screen Shot 2015-10-28 at 11.07.14 AM

Kom op die boarm, maag of boud en dit word elke 7 dae vervang vir 3 weke lank. Los dan ’n week lank en menstrueer.

Voordele Gerieflik en maklik om te gebruik.

Nadele Soos die Pil.

Prys Sowat R40 per maand.

Progestogeen alleen

4) Mini-Pil

Screen Shot 2015-10-28 at 11.07.00 AM

Bevat ’n klein hoeveelheid progestogeen en word voorgeskryf as estrogeen skadelik is, bv. as jy borsvoed.

Moontlike nadele Jy moet dit elke dag op dieselfde tyd (met drie ure speling) neem. Ligte vaginale bloeding meer algemeen as wanneer jy die gekombineerde Pil gebruik.

Prys Sowat R65 per maand.

5) Nood-kontrasepsie (sogenaamde morning-after Pil)

Screen Shot 2015-10-28 at 11.07.37 AM

Dit skok jou liggaam met ’n hoë dosis progestogeen, wat ovulasie stop/vertraag en kan tot 72 uur ná onbeskermde seks geneem word. Voorskrif nie nodig, maar nie ’n gereelde vorm van voorbehoeding.

Moontlike nadele Naarheid, duiseligheid, hoofpyne.

Prys Sowat R65 per dosis.

6) Mirena (intra-uteriene toestel – IUD)

Screen Shot 2015-10-28 at 11.07.53 AM

Die nuustydskrif Time besing dit as die beste kontrasepsie. ’n Ginekoloog / gesondheidswerker sit die klein plastiektoestel in jou baarmoeder. Dit stel ’n klein hoeveelheid progestogeen vry en word ná sowat 5 jaar vervang.

Voordele Min / geen menstruasie, verligting van erge menstruasie- pyn, kan gebruik word terwyl jy borsvoed, kostedoeltreffend.

Moontlike nadele As jy wel swanger raak, is die kanse groter dat dit in ’n fallopiese buis en nie die baarmoeder is nie (ektopiese swangerskap). Ongemaklik as dit ingesit/verwyder word en word met skemernarkose of plaaslike verdowing gedoen. Sowat 5% van vroue sit gewig aan, volgens Bayer, die vervaardiger.

Prys Toestel sowat R2 400 plus doktersfooi vir plasing.

7) Inplanting (Implanon)

Screen Shot 2015-10-28 at 11.08.02 AM

Stafie met progestogeen word aan die binnekant van jou bo-arm geplaas. Dit werk baie
soos die inspuiting en word ná 3 jaar vervang.

Voordele Kostedoeltreffend, kan aknee verbeter, veilig as jy borsvoed of as gevolg van ander redes nie estrogeen kan gebruik nie.

Moontlike nadele Onvoorspelbare/ ongereelde bloeding, word professioneel ingesit/verwyder, kan kneusplek en moontlik ’n letsel veroorsaak.

Prys Sowat R1 800 plus doktersfooi.

8) Inspuiting (Depo-provera)

Screen Shot 2015-10-28 at 11.08.08 AM

Beskerm 12 weke lank teen swangerskap.

Voordele Veilig as borsvoed, stop menstruasie.

Moontlike nadele Kan maande neem voor jy weer vrugbaar is.

Prys Sowat R40 per keer.

Ander

9) Koperbevattende IUD (Copper T)

Screen Shot 2015-10-28 at 11.08.14 AM

In die 1970’s het dit ’n slegte naam gekry toe een soort, die Dalkon Shield, se ontwerp veroorsaak het dat bakterieë die baarmoeder binnekom. Moderne soorte is egter baie veilig. Dit word professioneel in die baarmoeder gesit en stel koper vir 5 tot 10 jaar (na gelang van die soort) vry. (Dus nie hormone nie.)

Voordele Dis 99,2% doeltreffend, kostedoeltreffend en kan gebruik word as jy nie hormone kan gebruik nie.

Moontlike nadele Kan menstruele bloeding en krampe vererger, jou liggaam kan dit uitwerp sonder dat jy dit weet, risiko vir ektopiese swangerskap groter (sien Mirena).

Prys Sowat R330 plus doktersfooi.

10) Ritme-metode

Screen Shot 2015-10-28 at 11.08.22 AM

Jy het nie seks op jou vrugbare tyd van die maand nie, of gebruik ’n kondoom.

Nuutjie: CycleBeads® is ’n string kleur- gekodeerde krale wat rofweg aandui wanneer jy vrugbaar is. Jy kry ook die iCycleBeadsTM-apps en CycleBeads®- aanlyn diens. Dis die doeltreffendste vir vroue met ’n siklus van 26 tot 32 dae. Besoek www.cyclebeads.com.

Anders as ’n kondoom beskerm genoemde metodes jou nie teen seksueel oordraagbare siektes nie.

Pryse verskaf deur Clicks-apteek. Aptekersfooi moet telkens bykom.

BRONNE

Catriona Boffard, seksuoloog van Johannesburg
Prof. Leon Snyman, heath24.com

KONTAK

Dr. Corné Brink, ginekoloog van Johannesburg: 011 875 1620

Catriona: catrionaboffard.com, Twitter: @catrionaboffard

anna-mart van der merwe cover septemberDié inligting kom uit die artikel “Bloedklonte en die pil: Ken jou risiko” in SARIE se September-uitgawe. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.