FOTO: Instagram@gwynethpaltrow

FOTO: Instagram@gwynethpaltrow

Gesondheidstories

Beyoncé op Gwyneth Paltrow se musieklys PLUS Maart se top-10 oefenliedjies om jou te motiveer

Beyoncé is gedeeltelik verantwoordelik vir Gwyneth Paltrow se vietse lyf, berig E! Online.

Die blonde aktrise se persoonlike afrigter, Tracy Anderson, vertel dat Gwyneth na “enigiets van Beyoncé” luister terwyl sy oefen.

Tracy was onsuksesvol toe sy probeer het om ander musiek aan die Goop-blogger voor te stel: “Ek het Vrydag house-musiek vir Gwyneth gespeel, maar sy het nie daarvan gehou nie. Toe sê sy ‘kom ons speel bietjie Beyonce’.”

Wat ook al vir jou werk, Gwyneth!

“Musiek is ’n belangrike deel van my oefensessies. Dit is belangrik dat jy in voeling met die musiek is. As jy nie van ’n liedjie hou nie, dan gaan jy nie hard oefen nie,” het die afrigter, wat met talle bekendes soos Madonna en Victoria Beckham werk, gesê.

Musiek om jou te motiveer dié Maart

(klik op die liedjie se skakel om die musiekvideo te sien)

Bruno Mars – “Uptown Funk”

Amor Vittone – “Sprei my vlerke”

Maroon 5 – “Sugar”

Adam – “Smoorverlief”

Ben Haenow – “Something I need”

Bobby Van Jaarsveld – “Een vir een”

Avicii – “The nights”

Heinz Winckler – “Meisie van my hart”

Taylor Swif – “Blank space”

Kurt Darren – “Dans op die tafels” 

As jy daagliks net 12 minute lank wisselende oefening (interval training) doen, kan dit  jou gesondheid verbeter.

  • Stap ’n minuut vinnig, ’n minuut stadiger, en herhaal tot 12 minute verby is – in die natuur is die beste!
  • Of luister na ritmiese musiek en dans stadig en dan vinniger – swaai- en wiegbewegings afgewissel met lekker dans – vir 12 minute*.

* Dié inligting kom uit SARIE, Maart 2014, “Gesondheidsdinge” deur Lydia van der Merwe.

Lees ook