FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Gesondheidstories

5 Goed wat jy oor water moet weet

Vandag is Wêreld-waterdag en ons deel al die inligting oor water wat jy moet weet om die gesondheidsvoordele daarvan te kry.

1

8 koppies (250 mℓ elk) vloeistof is hoeveel ’n vrou per dag moet drink. Vier daarvan moet suiwer water wees.

Mans: 12 koppies ’n dag, die helfte daarvan suiwer.

2

Lekker soet, ja, maar drink min hiervan: Vrugte- en groentesap, gegeurde water,  versoete tee/koffie, sportdrankies, gaskoeldrank. Pleks van vrugtesap drink, eet liefs ’n vrug.

3

Kikker jou water op. Voeg by:

  • Suurlemoen-, lemoen of komkommerskywe;
  • ysblokkies van suiwer vrugtesap;
  • pepermentblare;
  • pynappelblokkies;
  • gooi ’n kruietee-sakkie by kookwater en koel af;
  • sny jou gunstelingvrugte in stukkies en sit dit oornag in ’n beker water in die yskas.

4

Geur jou water. Plaas 1/2 k framboos, in kwarte gesny en effens fyngedruk, saam met 1/4 k pepermentblare in ’n waterbeker. Maak beker vol met gewone of mineraalwater. Voeg ys by as jy wil.

5

Nog dorslessers.

  • 1 – 4 koppies koffie en 1 – 8 koppies tee (met bietjie laevet- of vetvrye melk,  onversoet)
  • Rooibos- en ander kafeïenvrye tee – soveel jy wil (swart, onversoet)
  • 1 – 2 k laevet- of vetvrye melk
  • 1 k vrugtesap

Bron: Claudine Ryan, geregistreerde dieetkundige by die Compass Group Southern Africa

*Die artikel kom uit die Maart 2014-uitgawe van SARIE.