FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Gesondheidstories

3 oggend-gesondheidflaters en hoe om die dag reg te begin

Jy dink dalk jy begin elke dag op die bes moontlike manier, maar ons maak baie oggendflaters waarvan ons nie eens weet nie, berig Huffington Post. Lees die volledige artikel hier.

Fout 1: Jy kom té vinnig aan die gang

Is jy trots daarop dat jy uit die bed klim sodra die wekker die eerste keer afgaan en sommer dadelik in die stort spring of vinnig by die trappe af hardloop om die honde kos te gee? Jou lyf stem heel moontlik nie saam nie. Volgens slaapkenner Robert Oexman is jou rugspiere styf ná ’n nag in die bed en moet jy versigtig wees dat jy nie jou spiere seermaak nie.

Begin reg: Warm jou spiere op met ’n ligte strekoefening. Trek elke knie afsonderlik, en dan albei saam, na jou lyf toe terwyl jy in die bed is.

Fout 2: Jy sluimer “nog ’n bietjie” (snooze)

Deur wakker te word en dan weer 10 minute te slaap gooi jy jou liggaam se slaapritme uit en gaan jy sukkel om vanaand weer aan die slaap te raak. Chad Ruoff van die Stanford-universiteit se slaapsentrum glo die snooze-knoppie is een van die slegste uitvindsels vir die mens se slaappatroon.

Begin reg: Staan op wanneer jou wekker afgaan en klaar.

Fout 3: Jy oefen direk ná jy opgestaan het

Jy is veronderstel om binne die eerste 30 minute van jou dag ontbyt te eet om jou metabolisme aan die gang te kry. Jou lyf het immers 7 uur laas kos ingekry en kort ’n koolhidraat-inspuiting om aan die gang te kom. ’n Kragoefensessie vóór ontbyt gaan beslis nie help nie.

Die ander probleem hiermee is natuurlik dat ons geneig is om meer kalorieë deur die dag in te neem indien ons eers ná 11:00 eet.

Gewigsverlies: ONTBYT is jou geheime wapen

Begin reg: Eet ’n halwe piesang of ’n hand vol ontbytgraan en drink ’n groot glas water voordat jy gim toe gaan. Jou lyf het immers 7 uur laas water ingekry.

KLIK HIER vir nóg oggend-gesondheidflaters

Bron: Huffington Post

Nóg gesondheidstories