FOTO: Facebook Lifebuoy

FOTO: Facebook Lifebuoy

Gesondheidstories

8 feite oor handewas en higiëne

Unilever en Lifebuoy span al sedert 2007 kragte saam om jaarliks op 15 Oktober Internasionale Handewas-dag te vier en só mense in te lig oor die belangrikheid daarvan.

lifebuoy 2

Duisende mense leef in onhigiëniese omstandighede wat kan bydra tot die ontstaan en verspreiding van siektes soos cholera en diarree. Vir jong kinders onder vyf jaar is dié siektes lewensgevaarlik en juis daarom het Unilever en Lifebuoy hul Lifebuoy’s Help a Child Reach 5-veldtog van stapel gestuur, wat fokus op die bewusmaking van die voordele van handewas, veral in gebiede wat deur erge armoede geteister word.

Hierdie video som hul veldtog goed op:

8 feite oor handewas wat almal moet weet:

  • Deur jou hande te was verminder jy jou kans om diarree te kry met 31%
  • Deur jou hande te was verminder jy jou kans om verkoue te kry met 58%
  • Volgens ’n studie is bewys dat slegs 31% van mans en 65% van vroue hul hande was ná hulle ’n openbare badkamer gebruik het
  • Jou hande is effektief gewas indien jy dit vir 25 – 30 sekondes met seep gewas het
  • Die temperatuur van die water maak nie saak wanneer jy jou hande was nie
  • Watervrye seep bevat alkohol en is uiters effektief wanneer jy jou hande wil ontsmet
  • Handewas is die goedkoopste manier om aansteeklike siektes te vermy
  • Die beste manier om jou hande af te droog is met weggooi-papierhanddoeke. Warmlug-droërs en handdoeke in openbare badkamers kan meer bakterieë op jou hande agterlaat as wat daar was voordat jy dit gewas het.

Bruno Witvoet, die adjunk-president van Unilever Afrika, sê die handelsmerk en personeel doen elke dag wat hulle kan om die wêreld se uitdagings aan te spreek. Lifebuoy is een handelsmerk waarmee hulle goeie gesondheid en welsyn wil bevorder. “Ons poog om te wys dat volhoubare projekte groei kan bevorder sodat ons in die toekoms kan uitbou op wat ons nou doen.”

Bronne: Wikipedia, Centre for disease control and prevention, Global Hand Washing en Hardydiagnostics.com

Lees ook