Aletté-Johanni se projek 64... en ander glans-ma's se dieetgeheime
Foto’s: Phyllis Green Galery
Aletté-Johanni Winckler het weekliks oor haar worstelpad terug na haar teikengewig ná haar eersteling. Sy en nog bekendes gee raad – en ’n kenner gee ’n eetplan vir nuwema’s wat veg teen daardie ekstra kilo’s.
"Ek was daar . . . Ek wéét hoe dit voel. Maar, vriende en vriendinne: It's all in the mind. As jou kop reg ingestel en jy gemotiveerd is, kan jy enigiets vermag," vertel Aletté-Johanni op haar kenmerkende borrelende manier.
Met ons ter perse gaan het nog net 4,5 kg tussen Aletté-Johanni, Idolssanger Heinz Winckler se vrou, en haar teiken vir "Projek 64" gestaan. Dié projek, waaroor sy die laaste maande op sarie.com blog, verwys na die teikengewig waarna sy streef nadat sy 28 kg tydens haar swangerskap met klein Lian (nou 10 maande) aangesit het.
Baie vroue kan met haar probleem identifiseer en lesers klik in hul duisende op die blog om haar stryd teen die oortollige kilogramme te volg.
Gemiddeld 550 mense wil per blog op SARIE se Facebook-blad weet hoe sy vorder en die kommentare van meelewing en aanmoediging stroom in: Van Musina tot in Kaapstad, van Nieu-Seeland tot in Kanada. Vreemde mense keer haar op straat voor. "As ek kroek, voel dit asof iemand my dophou en ek verplig is om in die blog te bely!" vertel sy.
Die belangstelling was 'n verrassing én 'n aansporing. "Om rekenskap te gee dwing jou om by jou dieet te hou." Sy vertel ook op die blog van haar frustrasie as die kilogramme nie vinnig genoeg wegsmelt nie. "Dit was soos 'n berg voor my om alles af te skud, maar daar was geen omdraaikans nie. Hier moes ons oor!"
Maklik was dit nie. Sy volg 'n streng dieet.
"Jy moet jou porsies weeg, vyf uur uit mekaar eet en buiten vyf ryskoekies of cracker bread word geen stysel toegelaat nie. Ná 'n paar weke van dieselfde goed eet, elke dag,moet 'n mens oppas om nie laks te raak nie. Jou liggaam kan dan maklik 'n plato bereik. Kroek jy sal dit jou minstens vyf dae terugsit."
Sy het ook 'n persoonlike afrigter wat sy summier die "Nazi" gedoop het. Heinz oefen meestal saam.
"As ek nie 'n sessie by die Nazi gehad het nie, is die motivering maar min om self daai tekkies aan te trek en die pad te vat, maar soms stap of draf ek sommer in ons kompleks vir 20 of 30 minute."
Met die baie druk wat 'n nuwe ma ervaar, kan sy boonop nie altyd die regte kos vir haar dieet, 'n doekesak, handsak en rekenaarsak plús 'n baba saamkarwei nie. Sy was al menige dag moedeloos. "Heinz het in 'n stadium vir my gevra: ‘So, wanneer dink jy gaan jy weer begin werk, Liefie? 'Op daardie
oomblik wou ek hom met 'n skoen gooi en antwoord: ‘Wanneer ek weer soos 'n voorkomskonsultant vóél, my skat!' Ek het net gedink ek kan nie vir ander preek oor hul voorkoms as ek nie eens na myself in die spieël kan kyk nie!"
Ná Lian se geboorte was sy aanvanklik doodmoeg en het niks energie gehad nie. Nie eens om grimering aan te sit nie.
"Ek het maande nog my swangerskapklere gedra. Toe Lian so 12 weke oud was, het die werk begin inkom en moes ek myself uit die put kry."
Al was sy voorheen op haar teikengewig en het sy in 'n nommer 34-broek gepas, kon sy ongelukkig nog nooit net eet wat sy wil nie, erken Aletté-Johanni.
"Dit was nog altyd belangrik om goed te voel en my gewig in toom te hou. Ná my swangerskap het dit gevoel ek het beheer verloor en dat ek nooit weer maer(der) sou wees nie."
Dit was soos 'n berg voor my om alles af te skud, maar daar was geen omdraai kans nie'
Sy het in die begin van haar swangerskap gesond geëet, maar moes weens 'n vroeëre miskraam hormoonaanvullings neem. Sy het toe in die eerste trimester 8 kg aangesit.
"Dit het my moed gebreek en veroorsaak dat ek in 'n mate maar ‘laat gaan' het."
Borsvoeding het haar ook nie "woeps-waps" in 'n nommer 34 gekry nie. Sy kon eers nadat sy opgehou borsvoed het, begin dieet. "Dit was moeilik! Veral omdat ek 'n jaar lank nooit gedink het wat ek in my mond druk nie. 'n Baba is 'n aanpassing en Heinz is gereeld weg. Ek moes weer begin werk. En gewig verloor!"
Maar Heinz ís en was wonderlik, vertel sy.Hy het haar met begrip bemoedig as sy neerslagtig was. "Hy het my vertel hoe mooi ek is met 20 kg ekstra aan my lyf! Dit is vir my baie belangrik om vir my man sexy te wees. Dit was wonderlik toe ek weer gemaklik in my eie lyf gevoel het en makliker in klere kon pas." Maar Aletté-Johanni is nie die enigste glansma wat onlangs swangerskap-gewig moes afskud nie.
Nog drie bekendes vertel van húl ervaring:
DIAAN LAWRENSON

’n Vrou se lyf is ’n wonderwerk. Ek was mal oor my groot pens wat rek en strek soos dit plek maak vir my en Jody (Abrahams) se baba en ek het elkeen van die 23 kg wat ek aangesit het, geniet. Net so krimp alles mettertyd in plek namate dit nie meer ’n doel het nie.
Deur my swangerskap en huidige borsvoeding het ek gesonde (maar baie!) kos geëet om seker te maak my baba kry wat sy nodig het. Ek wou deur my lyf vir Olivia (7 maande) net die beste probeer gee: iets uit alle voedselgroepe, vitamiene en probiotikum. Ek het geoefen en genoeg slaap en vloeistowwe ingekry.
Hoewel ek deesdae meer ontspanne in my lyf voel (mét die nuwe rolletjies), het ek saam met ’n vriendin begin stap. Só het die eerste paar kilo’s verdwyn.
Ek volg ook ’n oefenprogram vir ma’s en babas – ek oefen en die baba kry terselfdertyd stimulasie. Ek moet nog ’n paar kilogram verloor, maar is glad nie bekommerd oor my gewig nie. Ek geniet my lewe en my gesonde, perfekte dogter.
Ek moet nog ’n paar kilogram verloor, maar is glad nie bekommerd oor my gewig nie. Ek geniet my lewe en my gesonde, perfekte dogter.
Die dieetkundige sê Amanda Weber van Pretoria
Maak seker dat jy genoeg goeie vette en olies inkry – wat ook aan jou omega 3-behoeftes sal voldoen (olierige vis, avokado, neute en sade). dis belangrik vir die ma, maar veral vir die baba, aangesien dit help met die kleinding se brein- en neurale ontwikkeling. veral fyngeboude blondines moet hul beendigtheid dophou en kalsiumryke kos eet.
ANRI VAN DER LINDE

Ek borsvoed Annabel (7 maande) het Enzo (nou 2½) ook geborsvoed. Ek besit nie ’n skaal nie en wou nooit weet hoeveel gewig ek tydens my swangerskap aangesit het nie,maar let op wat ek eet en drink. Dis vir my belangrik om gemaklik in my lyf te voel. Ek glo aan die boek Baby Sense se “jungle juice”: Blackthorn Berry Elixir, appelsap, Cal-C-Vita, Rehidratoplossing en water.
Ek gebruik suiker spaarsaam omdat ek borsvoed, maar soms vra my lyf soetgoed. Ek eet genoeg groente en proteïene. Jou lyf vóór en tydens jou swangerskap bepaal hoe vinnig jy van die ekstra gewig ontslae gaan raak.
Ek oefen as ek tyd het en funksioneer verbasend goed met minder slaap. Ek wil nie veel meer gewig verloor nie, maar ek wil weer gereeld oefen. Ek is trots dat my lyf twee gesonde babas kon huisves! Daarom is ek nie te streng met myself oor die ekstra “rondings” nie. As jy positief met en oor jouself praat, sal jy ook jouself so sien.
Die dieetkundige sê Amanda Weber van Pretoria
Anri is blond en slank en sulke vroue het ’n hoër risiko om later osteoporose te ontwikkel. ’n Goeie kalsium-aanvulling daagliks is ’n prioriteit (tydens borsvoeding en daarna). Koolhidrate soos rys, aartappels en peulgroente is ’n belangrike energiebron.
BERTHA LE ROUX

Ek borsvoed Brione (8 maande) en drink baie water, asook die bessiesapmengsel vir borsvoedende ma’s (die boek Baby Sense, Metz Press SA, se “jungle juice”). Ek kry min oefening, maar hardloop nogal agter Kiana (3) aan. Ek het ook by die Body Sculpting Studio in Greenside, Johannesburg, aangeklop om te help met die verslapte maagspiere. My lyf hou nou maar eenmaal nie van ’n maer swangerskap nie en hoewel ek reg probeer eet het, het ek 20 kg aangesit. My lyf hou baie water terug.
Ek volg nie nou ’n streng dieet nie omdat ek borsvoed, maar ek probeer gesond eet. As die baby blues my tref, eet ek sjokolade. As die tyd reg is, sal ek met die hulp van dr. Cohen se dieet weer ’n wonderlike lyf hê! Nou is ek gelukkig met my lyf en sy postpartum jelly-belly. Ek fokus eers om ’n goeie ma te wees, te werk en my nuwe onderneming, BabyB (klere vir babas en kleuters), te hanteer. Baie hooi, maar my vurk is sterk!
Die dieetkundige sê Amanda Weber van Pretoria
Vir waterretensie:
voeg baie pietersielie, seldery en komkommer by slaai. natuurlike produkte soos jenewerbessie (juniper) of pietersielie-tee werk ook. die jungle juice is hoog in kilojoules, maar verhoog wel borsmelkproduksie. Alfalfa-spruite (uitgeloopte lusernsaad) is ook doeltreffend om borsmelkproduksie te bevorder – sonder om kilojoules te verhoog.
Verwante artikels
-
Bertha kies 'n watergeboorte
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 5
Laduma! Daar kry aktrise Bertha le Roux toe 'n wendoel in voor die eindstryd van die Wêreldbeker op 11 Julie 2010 aangebreek het.
-
Die Wincklers se ski-vakansie foto's
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 8
-
Eerste foto's! Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) en haar engelkind, Olivia Rose
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 21
Weg is Paula, 7de Laan se sosiale vlinder. Al wat jy deesdae raak sien as jy na Diaan Lawrenson kyk is die sagte gloed wat moederskap haar gee.
-
Hoe goed ken Heinz en Aletté-Johanni Winckler mekaar?
SARIE Julie 2011 | Kommentaar: 2
Dié paartjie is Woensdagaand 20 Julie op die kykNET-program 10 uit 10 aangewys as die gewildste glanspaartjie in SA.
-
Rooi tapyt-blogger Aletté-Johanni by Cell C launch
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Noudat ons ’n wonderlike hulp gekry het met Lian is ek en Heinz ’n bietjie meer buigbaar om weer oë te wys by fantastiese funksies. En daarom was dit maklik om die uitnodiging na die “Hottest mobile launch in Joburg” te aanvaar.
-
Só lyk Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) se nuwe babadogtertjie
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Klein Annabel van der Linde, Anri en Etienne van der Linde, is in Mei 2010 gebore.
-
So lyk Emma se baba!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
Die aktrise Bertha le Roux het vir die eerste keer haar baba Brioné vir almal op Facebook gewys. Brioné is op 27 Junie 2010 gebore. Haar ousus Kiana is nou drie.
-
Survivor se Jacinda super-sexy op 30!
SARIE Mei 2011 | Kommentaar: 6
Jy sal Jacinda Louw onthou as die naaswenner in die eerste Survivor SA. Toe sy destyds as model met haar eie afrondingskool aan dié werklikheidsreeks deelgeneem het, was sy reeds beeldskoon, maar kyk net hoe lyk sy nou!
















Kommentaar
Rosie het gesê:
More Anne Marie Eet elke uur vandat jy opstaan eet 1 creamcracker. Dit werk soos n bom. Jy kan jou etes eet tussen in, maar jy sal sien jy word nie honger nie! Ek eet net my aand etes en ek drink tee met versoeter in. Laat weet of dit werk. Groete Sarie leser
11de Mei. 2011, 10:14ANNE MARIE VAN WYK het gesê:
Ag julle lyk stunning. Gee bietjie raad. Ek is 52 jaar oud en sukkel om gewig te verloor . Moet tenminste 40 kg verloor maar weet nie waar om te begin nie.
10de Mei. 2011, 16:16