Anri van der Linde oor gesond eet, drink en oefen
Foto’s: Aubrey Jonsson Galery
Hoe bly jy koelkop mooi met 'n eie sake-onderneming, 'n woelige kleinding en 'n renjaer-man? Anri van der Linde, wie se tweede baba amper gebore word, deel haar lewensfilosofie
Ek eet...
...graag ontbyt saam met Enzo, my seuntjie, wat in 2008 gebore is. Naweke is my man, Etienne ('n renjaer), ook by. Ek kook pap soos hawermout en rasper vrugte by, dan is suiker nie nodig nie. En sprinkel fyn neute en droëvrugte oor, en dalk ongegeurde jogurt.
... klein happies deur die dag, maar probeer gesond peusel aan neute, droëvrugte en Provitas. Vir middagete koop ek sommer 'n gesonde toebroodjie. Saans maak ek eenvoudige, gebalanseerde kos. Etienne hoef nie 'n spesifieke dieet vir sy beroep te volg nie, maar sy gewig moet reg wees.
... soetgoed, maar glo aan balans. My ouers, die sangeres Rina Hugo en musikant Johan van Rensburg, het nie aan gemorskos geglo nie. Ek voel nie skuldig as ek nou en dan iets soets eet nie - ek weet ek eet die res van die tyd gesond.
... volgens die beginsel gesonde kos hou jou gelukkig. As jy eers dié positiewe uitwerking ervaar het, is jy meer gemotiveerd om reg te eet. Toe ek as model begin werk het, het my voorkoms my loopbaan geword. Ek het meer bewus geraak van wat ek eet. My lyf, brein, hare, naels en oë moet my lewe lank hou.
Ek drink ...
... sowat 2 liter gebottelde water per dag.
... baie rooibostee. Veral rooi cappuccino's.
... my eie vrugtesap wat ek tuis maak, soos appel- en wortelsap.
... my eie kreatiewe smoothies. Ek voeg onder meer neute, vrugte, sade, heuning en jogurt daarby vir afwisseling.
... nie alkohol by die huis nie. As ek en Etienne saans uitgaan of iewers gaan kuier, sal ons soms wyn geniet. Of my gunstelingskemerkelkie, 'n cosmopolitan (vodka met lemmetjiesap en sodawater).
Ek oefen ...
... graag met gewigte en is minder lief vir aërobiese oefeninge. Ek het geleer om reg te oefen toe ek 'n paar jaar gelede 'n persoonlike afrigter gehad het.
... nou in 'n tuis-gim. Ek het ses weke ná Enzo se geboorte weer begin oefen. Tydens my swangerskap het ek Pilates-oefeninge saam met 'n persoonlike afrigter gedoen. By ons tuis-gim het ons 'n bokssak, ek stap vinnig opdraand op die treadmill en spring tou.
... saam met 'n persoonlike afrigter. As renjaer moet Etienne topfiks wees. Dit vereis baie krag en inspanning om 'n BMW-renmotor teen 240km per uur te bestuur. Dit raak bitter warm terwyl hy bestuur. Hy dra 'n laag brandbestande onderklere en 'n dik drielaagoorpak,' n helm, handskoene en stewels. Ons doen spesifieke oefeninge wat renjaers help saam met 'n persoonlike afrigter. Etienne is ook lief vir boks.
... met 'n langtermyn-doel voor oë: Ek wil vol energie wees om my kinders se onthalwe. Jy het net een lyf en jy moet hom oppas. As jy oefen en gesond eet, is jou gemoedstoestand soveel beter.
... as ek naweke saam met Etienne en Enzo gaan stap. Dis lekker ontspanning en Enzo is dol oor die vars lug.
... vir die lekker. Dit help nie jy oefen jouself só dood dat dit nie meer lekker is nie. Maar dit help ook nie jy oefen só min dat jy eintlik jou tyd mors nie.
Verwante artikels
-
Anri (van Rensburg) van der Linde se baba amper hier - foto's
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Model, ma, sakevrou en voorbladgesig van SARIE GESOND 2010, Anri van der Linde, se tweede baba is op pad.
-
Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) wys haar gunsteling-foto's
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
-
Anri van der Linde se skoonheidswenke
SARIE - Oktober 2009
Só bly Anri mooi.
-
Anri van der Linde: Agter die skerms
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Sy bekommer haar nie oor haar gewig of ydele kwessies nie. Reeds as jong model in SA en oorsee het Anri van der Linde vrede gemaak met die voorkoms wat aan haar uitgedeel is.
-
Egoli se Tarien hou Hollywood-bekendes se lywe mooi
SARIE Julie 2010
Christel Smith, voorheen Tarien in Egoli, woon al 10 jaar in Los Angeles en het 'n hoofstuk bygedra tot die boek The A-List Workout: Top Hollywood Trainers Reveal the Body Shaping Secrets of Their Celebrity Clients*.
-
Martie Swanepoel blog: My laaste dieet
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
My soettand is amptelik deur 'n reeks bloedtoetse uitgetrek. Insulien-weerstandigheid was die diagnose wat my lewe verander het.
-
Só lyk Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) se nuwe babadogtertjie
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Klein Annabel van der Linde, Anri en Etienne van der Linde, is in Mei 2010 gebore.
-
Voorbladgesig, Anri van der Linde, antwoord lesers se vrae en wys familiefoto's
SARIE - Januarie 2011
Sy was een van SA se top-modelle. Ook oorsee was sy ’n ster. Dit was goeie tye, maar nou is daar nuwe drome. 'n Paar lesers het haar vrae gevra en sy deel ook van haar gunstelingfoto's.
-
Wat is jou beste jare? 20's, 30's, 40's, 50's?
SARIE Maart 2010
-
Wat oefening so lekker maak












Kommentaar