Gesondheidstories

Anri van der Linde oor gesond eet, drink en oefen

Ek eet…

graag ontbyt saam met Enzo, my seuntjie, wat in 2008 gebore is. Naweke is my man, Etienne (‘n renjaer), ook by. Ek kook pap soos hawermout en rasper vrugte by, dan is suiker nie nodig nie. En sprinkel fyn neute en droëvrugte oor, en dalk ongegeurde jogurt.

klein happies deur die dag, maar probeer gesond peusel aan neute, droëvrugte en Provitas. Vir middagete koop ek sommer ‘n gesonde toebroodjie. Saans maak ek eenvoudige, gebalanseerde kos. Etienne hoef nie ‘n spesifieke dieet vir sy beroep te volg nie, maar sy gewig moet reg wees.

soetgoed, maar glo aan balans. My ouers, die sangeres Rina Hugo en musikant Johan van Rensburg, het nie aan gemorskos geglo nie. Ek voel nie skuldig as ek nou en dan iets soets eet nie – ek weet ek eet die res van die tyd gesond.

volgens die beginsel gesonde kos hou jou gelukkig. As jy eers dié positiewe uitwerking ervaar het, is jy meer gemotiveerd om reg te eet. Toe ek as model begin werk het, het my voorkoms my loopbaan geword. Ek het meer bewus geraak van wat ek eet. My lyf, brein, hare, naels en oë moet my lewe lank hou.

Ek drink …

… sowat 2 liter gebottelde water per dag.

baie rooibostee. Veral rooi cappuccino’s.

my eie vrugtesap wat ek tuis maak, soos appel- en wortelsap.

my eie kreatiewe smoothies. Ek voeg onder meer neute, vrugte, sade, heuning en jogurt daarby vir afwisseling.

nie alkohol by die huis nie. As ek en Etienne saans uitgaan of iewers gaan kuier, sal ons soms wyn geniet. Of my gunstelingskemerkelkie, ‘n cosmopolitan (vodka met lemmetjiesap en sodawater).

Ek oefen … 

graag met gewigte en is minder lief vir aërobiese oefeninge. Ek het geleer om reg te oefen toe ek ‘n paar jaar gelede ‘n persoonlike afrigter gehad het.

nou in ‘n tuis-gim. Ek het ses weke ná Enzo se geboorte weer begin oefen. Tydens my swangerskap het ek Pilates-oefeninge saam met ‘n persoonlike afrigter gedoen. By ons tuis-gim het ons ‘n bokssak, ek stap vinnig opdraand op die treadmill en spring tou.

saam met ‘n persoonlike afrigter. As renjaer moet Etienne topfiks wees. Dit vereis baie krag en inspanning om ‘n BMW-renmotor teen 240km per uur te bestuur. Dit raak bitter warm terwyl hy bestuur. Hy dra ‘n laag brandbestande onderklere en ‘n dik drielaagoorpak,’ n helm, handskoene en stewels. Ons doen spesifieke oefeninge wat renjaers help saam met ‘n persoonlike afrigter. Etienne is ook lief vir boks.

met ‘n langtermyn-doel voor oë: Ek wil vol energie wees om my kinders se onthalwe. Jy het net een lyf en jy moet hom oppas. As jy oefen en gesond eet, is jou gemoedstoestand soveel beter.

as ek naweke saam met Etienne en Enzo gaan stap. Dis lekker ontspanning en Enzo is dol oor die vars lug.

vir die lekker. Dit help nie jy oefen jouself só dood dat dit nie meer lekker is nie. Maar dit help ook nie jy oefen só min dat jy eintlik jou tyd mors nie.

  • UJulEV bpapwabqfizw, [url=http://bzrvascjikdm.com/]bzrvascjikdm[/url], [link=http://jypgvupauhwr.com/]jypgvupauhwr[/link], http://uqbovigxkrlx.com/

  • Jander

    I needed to send you one very litlte word just to say thanks a lot yet again for your personal great strategies you have documented on this site. It is really shockingly generous with you to provide publicly what many individuals could possibly have distributed for an ebook in making some dough for themselves, certainly given that you might have done it in the event you desired. Those concepts in addition worked to be the easy way to be aware that most people have similar desire really like my personal own to understand whole lot more around this problem. I know there are numerous more fun situations in the future for those who looked over your blog post.