FOTO: Gallo Images / Getty Images

Gesondheidstories

Dié bekende ma’s het ook aan nageboorte-depressie gely

Nageboorte-depressie beïnvloed ongeveer 13% van vroue – insluitend dié 5 bekende ma’s, berig Newser.

  • Gwyneth Paltrow (hooffoto) het nie aan nageboorte-depressie gely ná die geboorte van haar eersteling, Apple, nie, maar wel ná Moses – haar tweede kind saam met Chris Martin.

Ek het nie toegang tot my hart gehad nie.

– Gwyneth oor haar nageboorte depressie

  • Aktrise Amanda Peet (A Lot Like Love) het in 2008 bekend gemaak dat sy aan ernstige depressie gely het ná die geboorte van haar dogter, Molly. Sy het gesê sy wil haar storie vertel omdat daar steeds soveel stigma daaraan verbonde is. “Daar is steeds soveel skande wanneer jy gemengde gevoelens oor ma-wees het in plaas daarvan om heeltyd eufories te voel.”

  • Courteney Cox (Friends) se simptome het nie onmiddellik verskyn nie. Maar toe haar dogter, Coco, 6 maande oud was, het sy deur “’n verskriklike moeilike tyd gegaan” – soseer dat sy nie kon slaap nie.

  • Brooke Shields het in 2003 ’n boek geskryf oor haar ervaring met nageboorte-depressie: “Ek wou net verdwyn en doodgaan … maar ek het uiteindelik geveg en oorwin”.

Bertha le Roux Julie 2014 jul july

Lees meer oor die TV-aanbieder Henré Pretorius se vrou, Nadine, se stryd met nageboorte-depressie. Eksklusief in die Julie-uitgawe van SARIE – nóú op die rakke!

 

Bron: Newser