FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Gesondheidstories

Bloedklonte en die Pil: Ken jou risiko

Die Pil en bloedklonte is ’n kontroversiële onderwerp wat oorsee al byna in die hof gedraai het. Britse navorsing wys die nuwer soorte vergroot jou kanse dalk nog méér. Ons SA kenners sit dit vir jou in perspektief.

Die Pil is sedert sy ontstaan in 1960 revolusionêr, bevrydend en lewensveranderend genoem. Dit het vroue die mag gegee om self te besluit wanneer hulle kinders wil hê. En daarmee saam het ongekende vryhede gekom. Verdere opleiding, ’n loopbaan.

Dis egter nie vir alle vroue beskore nie. Op die voubiljet saam met die verpakking word ’n lang lys moontlike risiko’s genoem. Een wat baie duidelik uitgestippel word, is trombose. (Daar is nie bewyse dat Liezl – sien haar verhaal in die September-uitgawe – se ervaring aan die Pil toe te skryf is nie. Dit dien eerder
as waarskuwing hoe vinnig so iets kan gebeur.)

Dis reeds sedert die jare negentig bekend dat die gekombineerde Pil (dus die hormone estrogeen en progestogeen, die sintetiese vorm
van progesteroon) bloedklonte kan veroorsaak. Vir baie vroue lyk die kans klein genoeg om die gebruik van dié gerieflike geboortebeperkingsmiddel te regverdig.

In die September-uitgawe

  • Nuwe navorsing oor die Pil
  • Moet jy hormonale geboortebeperkingsmiddels neem?
  • 10 verskillende voorbehoedmiddels
  • Voordele en nadele van voorbehoedmiddels

Wat is trombose?

Bloed verander in ’n vaste stof en vorm
’n bloedklont. Dit kan dodelik wees: Versper dit ’n bloedvat na die hart, kan dit ’n hartaanval veroorsaak; na die brein ’n beroerte; en in ’n ledemaat gangreen.

Lees meer in die September-uitgawe van SARIE – nou te koop!

anna-mart