FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Gesondheidstories

Daaglikse mites oor borskanker #10

Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.

MITE 10

Borskanker is meestal oorerflik

WAARHEID

Net sowat 5 tot 10% van borskankergevalle is weens ’n genetiese afwyking (mutasie) wat jy by ’n ouer geërf het. As jy sekere mutasies van die BRCA-gene het, is jou leeftyd-risiko vir borskanker meer as 80%. Dit gesê: Sowat 20 tot 30% van vroue met borskanker het ’n familielid daarmee. Dit beteken egter nie die BRCA-geenafwyking is noodwendig ’n familietrek nie. Borskanker is so algemeen, dis glad nie ongewoon dat meer as een vrou in ’n groot  familie – sonder die gene – dit het nie.

Het jy ’n nabye familielid (ma, suster, dogter) met borskanker op ’n jong ouderdom (onder 50 jaar), verdubbel jou kans om dit self te kry. Twee nabye familielede, dan verdriedubbel dit.

SARIE.com OKT

 

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Lees ook