FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Gesondheidstories

Daaglikse mites oor borskanker #13

Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.

MITE 13

Behalwe ’n mammogram, is ’n maandelikse borsselfondersoek die beste manier om kanker vroeg op te spoor

WAARHEID

Die Amerikaanse kankervereniging (www.cancer.org) beveel nie meer aan dat alle vroue maandeliks ’n selfondersoek moet doen nie. Die  vereniging benadruk eerder dat jy jou borste moet ken, dus weet hoe dit lyk en voel en moet let op enige veranderinge as jy stort, aantrek, ensovoorts. Navorsing wys vroue spoor borskanker dan eerder op as met ’n formele selfondersoek elke maand. Volgens prof. Apffelstaedt is dit natuurlik nie verkeerd om steeds maandeliks ’n borsondersoek te doen nie. Vra jou dokter om jou die regte manier te wys.

SARIE.com OKT

 Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Lees ook