FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Gesondheidstories

Daaglikse mites oor borskanker #15

Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.

MITE 15

Antiperspirante is ’n belangrike oorsaak van borskanker

WAARHEID

Die mite steek kort-kort kop uit op die Internet. Daarvolgens word chemikalieë in antiperspirante deur die vel opgeneem, meng met limfsirkulasie in, veroorsaak dat gifstowwe in die bors opbou en lei uiteindelik tot borskanker. Daar is geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie. ’n Groot studie (gepubliseer in die European Journal of Cancer) wat die onderarm-higiëne van vroue met borskanker met ’n kontrolegroep vergelyk het, kon bv. geen verband vind nie

SARIE.com OKT

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Lees ook