FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Gesondheidstories

Daaglikse mites oor borskanker #4

Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.

MITE 4

’n Mammogram is ’n mammogram

WAARHEID

Hoe akkuraat dit is, is afhanklik van: Die soort tegnologie wat gebruik word. Volveld- digitale mammografie is tans die voorste tegnologie. Die beste beeld word verkry deur ’n radiografis wat in mammografie spesialiseer.

’n Dokter wat in bors-beeldvorming spesialiseer en selfs oorsee in die interpretasies van mammografie opgelei is, se ontleding is gewoonlik die beste.

Daar word streng gehaltebeheer toegepas sodat die sentrum kanker vroeg reeds opspoor.

Mammografie van goeie gehalte sal in sowat 90% van gevalle borskanker uitwys –  Prof. Justus Apffelstaedt

VRA DUS

  • Word mammogramme slegs deur radiografiste gedoen wat bykomend daarin opgelei is en hoeveel doen hulle jaarliks? (’n Minimum van sowat 2 500 is goed.)
  • Word rekords gehou sodat die uitslag jaar na jaar vergelyk kan word?
  • As jy van sentrum verwissel, neem soveel moontlik inligting saam. Soos vorige mammogramme, asook inligting oor biopsies en behandeling wat jy ontvang het.

SARIE.com OKT

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Lees ook