FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Gesondheidstories

Daaglikse mites oor borskanker #6

Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.

MITE 6

Dis beter om die hele bors te verwyder eerder as net die aangetaste deel

WAARHEID

Borskanker saai uit (metastaseer) na plekke buite jou bors. Die gewas in jou bors kan jou nie doodmaak nie. Wel die kanker wat na jou brein, longe, ensovoorts versprei, iets wat reeds vroeg met borskanker gebeur. As jy ’n radikale mastektomie kry (die hele bors word verwyder en nie net die aangetaste deel nie), is jou kans op oorlewing dus nie noodwendig groter nie. As so ’n mastektomie wel nodig is, kan jou bors tydens dieselfde sessie gerekonstrueer word. By ’n kliniek wat ’n multidissiplinêre benadering volg, besluit die onkologie-chirurg, mediese onkoloog, bestralingsonkoloog en plastiese chirurg op die beste tyd en volgorde van die individuele behandelings. Vir elke 100 vroue by ’n goed georganiseerde borskankerkliniek sal sowat 60 borsbehoudende chirurgie kry (net die aangetaste deel word dan verwyder); 35 ’n mastektomie en onmiddellik bors-rekonstruksie; en 5 sal die teater sonder haar eie of ’n bors-rekonstruksie verlaat.

SARIE.com OKT

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Lees ook