FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Gesondheidstories

Daaglikse mites oor borskanker #7

Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.

MITE 7

’n Mammogram het nie my borskanker uitgewys nie

WAARHEID

Mammografie van goeie gehalte sal  in sowat 90% van gevalle borskanker uitwys. As mammografie saam met ultraklank gedoen word, styg dit tot byna 98% en dis min dat dit nie opgetel word nie.

SARIE.com OKT

Is jou lewe geraak deur kanker?

Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether

Lees ook