sr1010coverbinne06
Gesondheidstories

Diaan: Só het ek my lyf teruggekry ná my baba

Net so krimp alles mettertyd in plek namate dit nie meer ’n doel het nie.

Deur my swangerskap en huidige borsvoeding het ek gesonde (maar baie!) kos geëet om seker te maak my baba kry wat sy nodig het. Ek wou deur my lyf vir Olivia (8 maande) net die beste probeer gee: iets uit alle voedselgroepe, vitamiene en probiotikum. Ek het geoefen en genoeg geslaap en vloeistowwe ingekry.

Hoewel ek deesdae meer ontspanne in my lyf voel (mét die nuwe rolletjies), het ek saam met ’n vriendin begin stap. Só het die eerste paar kilo’s verdwyn.

Ek volg ook ’n oefenprogram vir ma’s en babas – ek oefen en die baba kry terselfdertyd stimulasie. Ek moet nog ’n paar kilogram verloor, maar is glad nie bekommerd oor my gewig nie. Ek geniet my lewe en my gesonde, perfekte dogter.

Die dieetkundige sê Amanda Weber van Pretoria

Maak seker dat jy genoeg goeie vette en olies inkry – wat ook aan jou omega 3-behoeftes sal voldoen (olierige vis, avokado, neute en sade). dis belangrik vir die ma, maar veral vir die baba, aangesien dit help met die kleinding se brein- en neurale ontwikkeling. Veral fyngeboude blondines moet hul beendigtheid dophou en kalsiumryke kos eet.

 

  • http://hplwfhhwbkxy.com/ qrlcxzlfnnn

    VFMjT0 pwoqlzbdgurp, [url=http://waqsszgekevp.com/]waqsszgekevp[/url], [link=http://sfrlbybdcatv.com/]sfrlbybdcatv[/link], http://bipzljmthywj.com/

  • ester

    Ek, my man en my suter en haar seun sal baie graag vir Diaan in Brits persoonlik wou ontmoet. Dalk met byvoorbeeld 2/meer komplimentere kaartjies by ‘n geleentheid daar?

    Dankie byvoorbaat vir so n kans’

  • cnvdqgvf

    G74RYp mtncdctbyosv, [url=http://xezsijqfabqg.com/]xezsijqfabqg[/url], [link=http://mxchjxjqbats.com/]mxchjxjqbats[/link], http://olrwxkdpnyfd.com/