Gesondheidstories

Diabetes: Statistieke, bekendes wat dit het + 10 maklike resepte

WAT JY DALK NIE GEWEET HET NIE…

Diabetes is ‘n wêreldwye epidemie met ‘n verwoestende sosiale en ekonomiese impak.

Elke 10 sekondes sterf iemand iewers in die wêreld as gevolg van diabetes en binne diesélfde 10 sekondes ontwikkel 2 mense hierdie siekte.

Die Internasionale Diabetes-stigting skat daar is tans sowat 850 000 Suid-Afrikaners met diabetes en daar word verwag dat dié syfer met ‘n stewige 19% sal groei tot 2015.

1 uit elke 5 mense bo die ouderdom van 35 het tipe-2-diabetes en meer as 50% van hulle is nie daarvan bewus nie.

Tipe-1-diabetes is wanneer die liggaam die insulien-produserende pankreaselle vernietig.

Tipe-2-diabetes is wanneer die insulien-produksie nie doeltreffend plaasvind nie. Dié soort diabetes is oorspronklik beskryf as die oumens-siekte, maar toon tans stewige groei onder skoolgaande kinders.

Hierdie week is Wêreld-diabetes-week. Dit beteken dat organisasies en maatskappye wêreldwyd, ook in Suid-Afrika, mense bewus sal maak van die risiko’s en voorkoming daarvan. Die tema van die Wêreld-diabetes-week fokus spesifiek op die voorkoming en opvoeding rondom diabetes, met die klem op onmiddellike beheer. Hierdie siekte word beskou as een van die grootste sluipmoordenaars in Suid-Afrika. Navorsing toon dat 32% van alle onnodige hospitaaltoelatings diabetes-verwant is.

[box:full:grey:both]

BEKENDES MET DIABETES

[/box]

Bret Michaels (hoofsanger van Poison)

Shaleen Surtie-Richards

Larry King (aanbieder)

Nick Jonas (sanger van Jonas Brothers)

Halle Berry (aktrise)

Salma Hayek (aktrise)

Elvis Presley (sanger)

Aretha Franklin (sangeres)

Randy Jackson (American Idol-aanbieder)

Lees nog:
Ek en my cravings: “My koninkryk vir ‘n roomys. Nou!” – Hier’s raad
20 stappe na ‘n gesonder jy – Als wat jy kan doen
Ek eet my migraine weg – SARIE-leser vertel
Is muffins gesonder as koek? – 13 mites oor kos
  • Johan Marais

    Ek het geen kommentaar nie…net ‘n vraag.
    Ek is ‘n diabeet en spuit myself soggens en saans en drink soggens en saans Clugophage.
    Gisteraand 4/12/2010 het ek myself gespuit. My suiker was 14.2. 2 ure later het ek geweldig begin sweet en baie duiselig en gedisorienteerd geraak. My vrou het my afgespons en die toestand het seker +- 1 uur aangehou. Daarna was ek geweldig moeg gewees. My suiker telling was toe 4.7.
    Hoekom het dit gebeur en hoe vermy ek dit in die toekoms?

    Johan Marais
    084 437 5223

  • Sonia

    Johan klink vir my of jou Bloedsuiker baie vinnig geval het. Dit gebeur met my ook. Dis goor. Het jy genoeg ge eet? En die regte goed ge eet?

  • Lydia van SARIE

    Johan
    Gaan sien jou dokter wat jou diabetes behandel. Ek is nie ‘n dokter nie en kan jou ongelukkig nie help nie.
    Groete

  • Hennie Du Plessis

    Mense ja nee daai wat Johan oor gekom het is n algemene voorkoms van suikervlake wat geval het.Ek is ook n diabeet jare lank en ek is n vragmotorbestuurder langafstand.Jy moet maar altyd sorg dat daar iets in jou huis is of wat jy by jou het vir as daai gebeer met jou soos coke of lekkers.
    Ek het weer deer hier die grootdae baie gesukkel om my suikervlakke laagte kan hou.Die beste is maar soos Lydia se maak kontak met jou dokter.Ek wat elke dag op die pad is bel ook gou die dokter wat my behandel as daar nie iets reg is na my mening nie.Sterkte daar..

  • ufOeg8 veufpwokfdyg, [url=http://wlxlrvsnagkf.com/]wlxlrvsnagkf[/url], [link=http://uqctgvyfwtum.com/]uqctgvyfwtum[/link], http://aiydlmaodkpw.com/

  • rone

    help! wat mag en mag ek nie eet nie??? ek sukkel vreeslik om my dieet aangepas te kry.

  • Andre

    Almal het hierdie resep daai resep maar niemand kan vir my se dit mag jy eet en dit mag jy nie eet of moet jy probeer vermy.Ek is nie n shef nie ken nie van die kosgroep of daai kos groep nie. Mag ek aartapel eet eier boontjies bacon ens

    My suiker bly tussen 18.8 tot 25.3

    Sal regtig hulp wardeer

  • xnvyryqdd

    6NLvyT vjhadlzvdkjm, [url=http://gyvyrxeiqzra.com/]gyvyrxeiqzra[/url], [link=http://pybcfkxtvhhh.com/]pybcfkxtvhhh[/link], http://foixootcamks.com/

  • ALIDA VAN TONDER

    AS JOU BLOEDSUIKER VAL EET DADELIK ‘N TEELEPEL PEANUT BUTTER. DIT WERK. ALIDA

  • KOBUS

    MY SUIKER WISSEL TUSSEN 20 EN 8. VROEG OGGEND IS DIT HOOG EN VAL DEUR DIE DAG TOT SO 5 TOT 8. EK IS OP MEDIKASIE EN DRINK BAIE WATER. OEFEN NIE BAIE NIE EN IS OORGEWIG. IS DIE KWAAI SKOMMELING VAN SUIKER GEVAARLIK?

    WAT IS N NORMALE SUIKERVLAK EN WAARTUSSEN KAN DIT BEGWEEG SONDER OM GEVAARLIK TE WEES?

  • Leaidan

    Great stuff, you hpeled me out so much!