pink_pun_2015_MSO-01
Gesondheidstories

Dié maatskappye skep bewustheid vir borskanker

Oktober is borskanker-bewustheidmaand en ons fokus en vier die inspirerende bewusmakingsveldtogte van plaaslike maatskappye vir dié goeie doel.

Curves

Fit woman smiling

Die gimnasium spesifiek vir vroue, Curves, het vanjaar vir die vierde keer die bekende PinkDrive geborg. Dis vir hulle van kardinale belang om vrouegesondheid in die geheel te ondersteun.

Borskanker is die mees algemene kanker onder vroue en dus ’n onderwerp waarvan Curves hul kliënte bewus wil maak en vroeë diagnose wil bevorder.

50% van die aansluitingsfooi in Oktober gaan aan PinkDrive geskenk word. Sluit tot 31 Oktober HIER aan om dié spesiale aanbod van slegs R200 te benut.

Die PinkDrive het sedert hul ontstaan, en met die hulp van Curves, meer as 8 000 mammogramme en 122 000 bors-ondersoeke gedoen, en hulle het meer as 175 000 mense ingelig oor die gevare van borskanker.

Cell C 

Lira_and_the_models_perform_at_the_AFI_fashion_theatre_Photo_by_Heather_McCann

Op 6 Oktober het Cell C, met behulp van Samsung, ’n vriendskaplike polo-wedstryd gehou as deel van borskanker-bewustheidmaand.

Toeskouers het die polo geniet en hulle is vermaak deur die gewilde sangeres Lira. Hulle is ook bederf met skoonheidsbehandelings deur ghd, Clarins, SOHO en Franco International.

Daar was mode-uitstallings deur jong ontwerpers Rich Mnisi, Khothatso Tsotetsi and Tuelo Nguyuza.

Al die winste wat dié dag gemaak is, is geskenk aan Reach for Recovery, ’n nie-winsgewende organisasie wat vroue help met rekonstruktiewe chirurgie.

Pick n Pay

pink_pun_2015_MSO-01

Elke jaar in Oktober is daar sampioene in pienk verpakking op Pick n Pay se rakke. Dít is om vroue bewus te maak daarvan dat sampioene ’n beskermende rol teen borskanker kan speel. Die inkomste daaruit word gebruik om ná ’n mastektomie silikoon-prosteses te gee aan vroue wat dit nie kan bekostig nie.

Le Creuset

Fifteen-Percent-Le-Creuset

Vir die vierde opeenvolgende jaar het Le Creuset met Kansa hande gevat om hul jaarlikse Koppie vir Kansa-veldtog aan te pak. Saam inspireer dié twee organisasies vroue om hul vriendinne te nooi na ’n pragtige teepartytjie en sodoende bewusmaking vir Kansa te kweek. Jy kan jou partytjie inskryf en lieflike Le Creuset-pryse wen.

Le Creuset het ook vroeër vanjaar hul chiffonpienk reeks bekend gestel waarvan 15% van die winste aan Kansa geskenk word.

aQuellé

pienkbottel-570x570

Gedurende Oktober maak aQuellé van hul verpakkings pienk ter ondersteuning van kankerbewustheid.

Elke keer as jy een van hierdie pienk botteltjies van aQuellé se natuurlike fonteinwater drink, kan jy ook bydra tot aQuellé se Kansa-skenking van R250 000,

Hierdie Change in a Bottle-veldtog is net een van die maniere waarmee aQuellé, wat water uit natuurlike ondergrondse fonteine in KwaZulu-Natal verkry, suiwer heilsaamheid vier.

Die beperkte aantal pienk bottels “Still” water kan by enige groot kettingwinkel gekoop word.

Ons het vroeër die maand berig oor ander maatskappye soos Harley Davidson, Esteé Lauder, Carolina Herrera, Clinique en Bio-Oil wat ook hulle deel doen vir borskankerbewusmaking. 

Lees ook