FOTO: Instagram @taylankumelii

FOTO: Instagram @taylankumelii

Gesondheidstories

Die voor- en nadele van hormoonterapie vir menopouse

Die webblad www.uptodate.com plaas die voor- en nadele van hoofstroom- hormoonterapie (HT) in perspektief.

Hartaanvalle en HT

Dit hang oënskynlik van jou ouderdom af. Daar is geen toename in jou risiko nie as jy met HT begin:

  • Binne 10 jaar ná aanvang van jou menopouse; of
• As jy 50 tot 59 jaar oud is. As jou menopouse meer as 10 jaar gelede was, of as jy ouer as 60 is, kan HT egter jou risiko vir ’n hartaanval verhoog.

Borskanker en HT

Daar is ’n klein toename in jou risiko as jy op gekombineerde estrogeen-progestien-HT
is. Maar dalk nie as jy net estrogeen neem nie. (Dus sonder baarmoeder is.) Kenners reken as jy net estrogeen gebruik, neem jou risiko ná sowat 10 jaar toe. En ná 5 – 6 jaar as jy estrogeen/ progestien gebruik. Daarna word jou risiko net groter.

Osteoporose

Die risiko vir ’n beenbreuk weens osteoporose is kleiner as jy HT gebruik. Daar is egter ander medikasie met minder newe- effekte wat jy kan neem om jou teen osteoporose te beskerm.

Pil of room?

Baie dokters beveel aan dat jy HT in die vorm van ’n plakker, room of jel neem, sê Nicole Jaff. Anders as orale tablette word dit deur jou vel opgeneem en studies wil dit laat lyk asof dit dalk minder newe-effekte het. Van die redes is dat dit nie met jou lewerfunksie inmeng nie en dalk jou risiko vir bloedklonte kan verlaag.

Dié inligting kom uit die artikel “Jou gids tot menopouse” in die Julie-uitgawe van SARIE. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal HIER afgelaai word.

Lees ook