tawny 2
Gesondheidstories

Dié vrou wil jou waarsku teen sonskade

Tawny Willoughby, ’n 27-jarige vrou van Alabama was mal daaroor om in die son te lê, en het altyd ’n goudbruin vel gehad. Dit was tot sy met velkanker gediagnoseer is. Sy het die selfie hieronder op Facebook gedeel wat sy na afloop van die behandeling geneem het, en dit het omtrent die internet op hol, berig BuzzFeed!

*Foto volg hier onder wat nie vir sensitiewe kykers geskik is nie.

Sy sê sy het die selfie gedeel sodat mense van die gevare van die son en veral sonbeddens bewus moet wees. Sy het soms tot vyf keer per week gesonbed terwyl sy op hoërskool was. Nou as ’n ma van ’n tweejarige seuntjie is haar grootste vrees dat sy hom nie sal sien groot word nie.

Tawny is die eerste keer op 21 gediagnoseer met velkanker en besoek haar dermatoloog elke ses maande. Die selfie is al meer as 55 000 keer op Facebook gedeel.

Mense onder 30 verhoog hul kans op melanome met 75% deur sonbeddens of -ligte te gebruik om hul velle te verbruin.

Lees ook: