Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!
Foto’s: Mickey Hoyle Galery
Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets.
Ek proe skaars wat ek eet, maar as ek weer sien, is 'n hele boks koekies daarmee heen! Ek raak ál vetter en voel ek het nie meer beheer oor my gewig of emosies nie.Wat moet ek doen?
Dr. Hannetjie Edeling, sielkundige van Johannesburg en voorheen dieetkundige
Vroue is soms geneig om liefde en aandag met “soet” te vervang. Dit het ’n sterk sielkundige oorsprong. Ons is van kleins af so gekondisioneer: Lae bloedsuiker/honger word gekoppel aan Ma se teenwoordigheid en die bors of bottel. Dis asof ons daardie primitiewe, vroeë liefde probeer terugkry wanneer ons na soetgoed gryp.As jy eers besef dat jy eintlik in sulke tye ’n bietjie ekstra aandag nodig het, kyk of jy nie op ’n ander manier daardie gevoel kan kry nie, soos deur ’n warm skuimbad, musiek en ’n koppie tee,’n geselsie met iemand wat vir jou omgee of ’n lekkerlees-boek.
Wat die fisiologiese betref:
Soetluste het te make met lae bloedsuiker en neuro-oordragstowwe in die brein. Jy kan dalk veral ’n paar dae voor menstruasie so voel (en terselfdertyd depressief en eensaam). Veral ’n tekort aan neuro-oordragstowwe soos dopamien en serotonien lei tot soetluste. As jy meer proteïene inneem en 10 tot 15 vyftien minute stap, draf, touspring of ander aërobiese oefeninge doen, kan dit help om die balans in jou liggaam te herstel – jou energie en neuro-oordragstowwe weer mobiliseer.
As jy te dikwels soetgoed eet, kan jy suikersiekte ontwikkel. Gaan vir 'n glukose-toleransietoets en kry behoorlike dieetraad as daar fout is. Het jy dalk gesinslede wat diabete is of sukkel met hul gewig? Dan ontwikkel soetluste ook makliker.
Fisiologiese simptome het dikwels 'n sielkundige komponent. As jy knaend smag na iets, probeer vasstel wat jou liggaam eintlik vir jou probeer sê. Gesels met jouself asof jy 'n liefdevolle ma is. Fokus op die probleem. Kyk wat kom na vore en hanteer die probleme op 'n mooi manier.Dit kan wees dat jy ook na meer van jou eie liefde en vertroeteling smag. Soms help dit om te kyk na die temas wat in jou drome voorkom (daar is baie goeie boeke hieroor beskikbaar). Dit kan jou dikwels vertel wat jou onderwussyn kwel of wil hê.
Dr. Marjanne Senekal, hoof: afdeling menslike voeding, fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad en skrywer van Love My Body Love Myself geborg deur die Kagiso Khulani Supervision Food Services)
Probeer by die onderliggende probleem uitkom. Hoekom raak jy ontsteld? Dis makliker gesê as gedaan. Eet word dikwels die uitlaatklep of meganisme om stres, frustrasie, verveeldheid, alleenheid, ontsteltenis en ander gevoelens te "hanteer". Dít kan verband hou met positiewe ervarings of gevoelens wat verbind word met die verlede, byvoorbeeld toe jy 'n baba was (dit het jou veilig laat voel). Jy "troos" of "beloon" jouself.
Maar as jy gewig aansit terwyl jy al hoe meer eet, sal dit jou net meer ontstel en gespanne maak, wat dié siklus aan die gang hou. Ontsteltenis kan ook verband hou met 'n verlaagde serotonienvlak, wat 'n versugting na koolhidrate kan veroorsaak (sg. carbo craving).
As dít die geval is en jy eet baie koolhidrate soos aartappels, brood en pasta, sal jou serotonienvlak styg en jy sal rustiger (maar ook vetter!) word as jy dit nie beperk nie. Maak dit vir jouself moeilik om dadelik na kos te gryp in "noodsituasies".
Hier is 'n paar wenke:
1. Moenie kosse koop waaraan jy jou vergryp nie. (As jy dit vir jou gesin koop, bêre dit diep weg. Dit moet moeite wees om dit uit te haal.)
2. As jy 'n koekie neem, pak die pakkie eers diep weg voor jy die koekie eet. Herhaal die proses vir elke nuwe koekie. Dit gee jou kans om te dink oor wat jy doen en om te besluit om dalk iets anders te doen.
3. Veplig jouself om "vergrypkosse" met 'n mes en vurk uit 'n bord te eet. Self koekies en sjokolade. Jy lag dalk vir jouself, wat die situasie kan ontlont.
4. Maak reëls, soos: Jy moet eers om die huis loop voor jy iets eet. Dit gee jou dink-kans oor hoekom jy régtig wil eet.
5. Koop gesonde versnaperings soos vetvrye jogurt vir daardie eetgiere.
6. As jy 'n eetbui voel aankom, doen iets anders om dit te vermy. Maak vooraf 'n lys moontlikhede en plak dit waar jou oog maklik daarop sal val. Luister musiek, stap, bel 'n vriendin of visualiseer 'n situasie uit die verlede wat jou baie goed laat voel.
Verwante artikels
-
Dilemma: "Ek wil kinders hê, hy nie"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
"Ek en my verloofde staan op trou. Hy sê hy wil nie kinders hê nie. Hy is oortuig dit gaan net ons verhouding skade aandoen..."
-
Dilemma: Sy kinders behandel my stief
SARIE - Februarie 2010
"Ek en my man is nou al vier jaar getroud. Sy twee kinders wil my nie aanvaar nie. Hulle lag agteraf vir my..."
-
Dilemma: Verlief op vriendin se eks
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
"My beste vriendin het baie swaargekry toe sy en haar man geskei is en sy is nóú eers oor hom, sê sy. Ek en hy het mekaar toevallig raakgeloop en begin gesels en daar is regtig die moontlikheid van iets besonders tussen ons."
-
Dr Eve-dilemma: My vrou stel nie meer in seks belang
SARIE - Oktober 2009
Probleem: Ons is vier jaar getroud en het twee kinders. Die jongste is 20 maande. My vrou het geen behoefte aan seks nie en sê altyd sy is moeg...
-
Dr Eve-dilemma: Seks is seer.
Probleem: Ek is 21 jaar oud. Ek weet ek behoort seks te geniet. Maar ek kan nie, dis te seer. Ek het al by talle dokters aangeklop, maar nog nooit enige raad gekry wat regtig help nie.
-
Dr. Eve-dilemma: "My vriend stel weke lank nie in seks belang nie."
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Probleem: My vriend stel weke lank nie in seks belang nie. Dink jy hy het 'n affair?
-
Dr. Eve-dilemma: Ek is nooit lus vir seks nie
SARIE - September 2009
Vraag: "Ek is ‘n 35 jarige ma met twee kinders onder ses en ‘n uitdagende beroep. My man is óf by die werk, óf speel tot laataand TV-speletjies.
-
Dr. Eve-dilemma: Ek kan nie 'n orgasme kry
SARIE - November 2009
Vraag: Ek is 38 jaar oud en geniet dit om met my man liefde maak. Die afgelope sewe maande sukkel ek egter om "nat" te word...
-
Haar-dilemmas? Hier's raad vir alle haartipes
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 5
Dink klassieke Hollywood vir jou somerhare - 50's-style is weer nuut!
-
My seun is gay
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 7
My seun (17) sê hy is gay. Hy was nog nooit ’n “tipiese” seun nie – hy is kunstig en help graag met binneversiering. Hy is nie vroulik of meisierig nie, en het baie seuns- en meisiemaats.
-
Nataniël se dilemma
SARIE KOS Herfs 2009
So ’n paar weke gelede het ek ophou kook, heeltemal.
-
Vriende geskei, wie se kant kies jy?
SARIE Januarie 2010
"Baie goeie vriende van ons is geskei. Dis vir ons 'n tameletjie, veral omdat ons as gesinne baie saamgedoen het. Ek mis hulle. Wie se kant kies ons?"












Kommentaar
Adele het gesê:
Ek het dieselfde probleem en hou van die wenke. Ek gaan dit definitief probeer!
3de Feb. 2011, 12:23