FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Gesondheidstories

Angs en jou gesondheid

Niemand hou daarvan om angstig te voel nie, maar dit gebeur van tyd tot tyd met baie van ons. Chroniese angsaanvalle is egter ’n rede tot kommer, want dit kan jou gesondheid in gevaar stel, berig Huffington Post. Lees die volle artikel hier.

Mense met angssteurnis weet alte goed van die negatiewe invloed wat dit op hul daaglikse lewe het. Maar selfs as jy nie gediagnoseer is met die steuring nie, kan angsaanvalle en chroniese stres sy tol op jou gesondheid eis.

Korttermyn-gevolge

Jou keel

Tydens ’n angsaanval word vloeistowwe na verskillende dele van jou liggaam versprei. Dit veroorsaak dat jou keel droog word en jou keelspiere saamtrek.

Jou lewer

Wanneer jou liggaam kortisol produseer, vervaardig jou lewer glukose. Dit laat jou bloedsuiker skielik styg en as hierdie glukose nie gebruik word nie, sal dit na ander dele van jou liggaam versprei.

Jou vel

Ten einde stres te hanteer, versnel jou bloedsomloop en die bloed word deur jou liggaam herversprei. Sommige mense lyk dan bleek terwyl ander skielik rooi in die gesig raak.

Jou spiere

Wanneer jou liggaam aanvanklik stres ervaar, trek jou spiere outomaties saam. Dit is bloot ’n refleksreaksie.

Jou milt

Ten einde genoeg suurstof tydens ’n angsaanval aan jou liggam te verskaf, stel jou milt meer rooi- en witbloedselle vry.

Langtermyn-gevolge

Angs kan in die langtermyn jou hart, longe en selfs jou brein beïnvloed. Hierdie is meestal die effekte op mense wat gediagnoseer is met angsversteuring. Klik hier vir die langtermyn-gevolge van angs. 

Meer oor angsversteuring

Die kliniese sielkundige Louis Awerbuck het verlede jaar aan SARIE.com verduidelik dat  mense met angssteurnis vir minstens ses maande chronies aan drie van dié simptome ly:

  • Rusteloosheid; op-die-edge-gevoel
  • Moegheid of uitputting
  • Onvermoë om te konsentreer
  • Geïrriteerdheid
  • Spiersametrekkings
  • ’n Abnormale slaappatroon; slaap óf te veel óf te min

As jy aan angssteurnis ly, fokus jy waarskynlik die meeste van die tyd op alles wat verkeerd kan loop. Jy voel ook gewoonlik bang, selfs al weet jy nie waarvoor nie, gevolglik wissel jou buie en jy onttrek jouself sosiaal.

Louis verduidelik hoe angssteurnis werk

Met spanning, misdaad, spitsverkeer en familie-tragedies is dit baie maklik vir mense om angstig te raak. ’n Studie in Brittanje bevestig dit. Volgens dié studie, gedoen deur die Mental Health Foundation, voel 22% van die vroue in Brittanje permanent angstig. Daarteenoor ervaar slegs 15% van Britse mans dieselfde tipe angs.

Louis sê as jy nie jou dokter wil besoek of medikasie wil gebruik nie, kan jy jou angs só onder beheer hou:

  • Gesonde leefstyl
  • Meditasie
  • Liggaamlike oefening

Bronne: Huffington PostThe New York TimesThe IndependentBeeld SARIE.com

Nóg oor angs