Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
4 Februarie is Wêreldkankerdag en jy kan betrokke raak deur 'n Cansa-vrywilliger te word
Regoor SA word Shavathons op 5 en 6 Maart 2010 gehou waar jy jou hare kan afskeer of laat kleur-spuit.
Om te lees:
Sarie.com-blogger Minette Stone oor die knop in haar bors
Desmond Tutu praat oor kanker
Jeremy Mansfield oor sy kanker
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
Kankerlyers van die Moments in Time-kalender wat inspireer - kyk die pragtige foto's
'n Dokter met borskanker
Vroue met longkanker duik saam met haaie
Gratis maandkalenders
Onthou om jou gratis maandkalenders uit te druk. Daar's elke maand 'n omgee-ding vir jou om te doen.
Laai Februarie af - klik op die pdf-dokument regs bo.

Verwante artikels
-
'Kanker, maar ek léwe' - Lucas Maree
SARIE - Mei 2009
Hy't die skok van diabetes verwerk en was besig om sy stryd teen depressie te wen. Toe kom klop `n nuwe uitdaging aan die sanger Lucas Maree se deur: kanker ...
-
'n Dokter met borskanker
SARIE - Oktober 2009
-
Gesondheidnuus: Borskanker, oogtoetse en tandpyn
SARIE - Oktober 2009
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 8
-
Julle ondersteun jong vrou met borskanker
SARIE - Oktober 2009
-
Kankerlyers wat inspireer
SARIE - Augustus 2009
Daar's 'n baie spesiale projek wat sedert 2002 vir kankerlyers nuwe hoop gee en die reis van iemand wat met kanker leef op 'n baie spesiale manier uitbeeld.
-
My nuwe bors ná kanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Systap jou gene - Alzheimer, hartsiekte of kanker
SARIE - November 2008
Kom sekere siektes algemeen in jou familie voor? Dit hoef nie jóú voorland te wees nie, want jy kan sélf iets daaraan doen.
-
Tobie Cronjé: “Spiritualiteit is vir my ...
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 2
onlosmaaklik van die res van die lewe.
-
Vroue met longkanker duik saam met haaie
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1
'n Ekstreme storie van hoop - dis die verhaal van twee vroue wat verlede Vrydagmiddag saam met haaie in 'n tenk by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad geduik het. Dit maak deel uit van 'n bewusmakingsveldtog vir longkankermaand in November.














Kommentaar
Natascha Labuschagne het gesê:
Dis baie belangrik dat elke vrou na haar borste omsien en dit gereeld ondersoek. Op 16 Maart 2009 het my man die knop in my bors ontdek, ek is die volgende dag dadelik vir 'n mammogram en sonar en daar is dit duidelik 'n knop, die toetse daarna het bewys dis kankeragtig en 'n operasie datum is bepaal vir die 31ste Maart 2009 -dis uitgehaal en die dokter het baie mooi gewerk- jy sal verbaas wees om te sien hoe vinnig die knop groei - daarom is dit belangrik vir selfondersoek. Ek het bestraling gehad en gelukkig is ek 'n baie positiewe mens, was Nov vir ondersoek en bloedtoetse en weer nou in Feb ek is skoon. Jippee ek is so gelukkig. Pas jouself mooi op. Dinge kon so anders gewees het. As ek vir iemand iets kan beteken waarom nie.
7de Feb. 2010, 14:32