FOTO: Instagram  @weightlessfairya>

FOTO: Instagram @weightlessfairya>

Gesondheidstories

Oefen só om meer gewig te verloor

Verander jou houding oor jou oefensessie om vinniger gewig te verloor. Só berigNew York Times oor ’n onkonvensionele studie wat onlangs gedoen is.

Ná ’n oefensessie kan een van twee goed met jou gebeur – jy is lus vir suiker en koolhidrate en ongesonde dinge, of jy is tevrede met ’n gesonde bord kos.

Maar waar kom dié kontrasterende impulse vandaan?

’n Studie, gepubliseer in die joernaal Marketing Lettershet dalk die antwoord.

Oefen-is-pret-houding

Dit lê alles in jou houding voor en terwyl jy oefen, bevind die studie. Navorsers het vir twee groepe vroue, waarvan die meeste oorgewig was, dieselfde afstand laat stap. Vir die een groep is gesê dat hulle dit moet sien as oefening terwyl die ander groep die stappie van punt A na punt B net moes geniet.

Alhoewel die twee groepe dieselfde hoeveelheid oefening gekry het, was die eerste groep baie meer knorrig na die tyd as die tweede groep. Die eerste groep het toe ook baie meer soetgoed, pasta en gaskoeldrank geëet en drink toe almal saam middagete geëet het.

Twee ander, soortgelyke studies het dieselfde bewys: Die manier hoe jy dink oor oefening het beslis ’n impak op die tipe en hoeveelheid kos wat jy ná die tyd wil eet.

Maak jou oefensessies pret

Thought Catalog deel ’n paar maniere hoe jy oefening meer pret kan maak

  • Luister na musiek waarvan jy hou en fokus op die woorde of ritme daarvan
  • Probeer iets nuut. Doen ’n dansklas by die gim (al voel jy ongemaklik) of koop ’n paar rolskaatse eerder as drafskoene
  • Maak vriende met die mense in jou oefenklas. Jy sal uitsien daarna om hulle te sien en hulle sal jou in die klas opbeur
  • Hou boek van jou vordering en beloon jouself as jy jou week- of maandelikse doelwitte bereik. Probeer om nié ’n eetbare beloning te koop nie

Ons blogger, Hélène Horak het haar storie van hoe sy gewig verloor het op SARIE.com gedeel. Sy het dit reggekry op 70km te verloor! Klik hier om haar blogs te lees.

Nóg gesondheidstories