FOTO: FreeDigitalPhotos.net

Gesondheidstories

Eet jou blomme!

Blomme is eetbaar, ja. Boonop het dit talle gesondheidsvoordele en kan help vir van ‘n seer keel en hoofpyn tot stres.

Beet-en-sonneblom-slaai

3 medium uie, dun gesny

3 eetlepels olyfolie

12 klein, jong beet, geskil en dun gesny

1 k water

1 e meel

2 e heuning

2 e suurlemoensap

Seesout en swartpeper na smaak

1 k sonneblom-blomblare

Sauté (braai liggies en vinnig) die uieringe in die olie, voeg beet by. Roerbraai en voeg ½ k water by. Meng meel met heuning, suurlemoensap, sout en peper en roer by uie en beet. Voeg nog ½ k water en sonneblom-blomblare by. Draai die hitte af en  sit deksel op. Prut vir 15 minute, verwyder en laat afkoel. Strooi bietjie gekapte pietersielie oor. Bedien as slaai saam met koue hoender.

Bron: Edible and Medicinal Flowers deur Margaret Roberts (Spearhead Press, 2000). ’n Nuwe uitgawe, Edible and Healing Flowers, verskyn later vanjaar by Struik.