FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Gesondheidstories

Eet jou verkoue weg

Verkoue laat ons al dekades lank nies en proes – met nog geen kuur beskikbaar nie. Dié “superkosse” kan jou simptome help verlig. En dis wetenskaplik bewys.

Hoendersop

Ouma was reg! Dit verlig verkouesimptome, dalk vanweë karnosien, ’n bestanddeel in hoendersop en hoenderbors wat inflammasie beveg. (Studie: American Journal of Therapeutics.) Maar die strelende effek hou net terwyl die sop deur jou spysverteringstelsel beweeg. Daarna proes jy weer lustig voort.

20160524_Gesond-Verkoue-illies4

Atiesjoe! Griep of verkoue? Ken jou simptome

Kiwivrug

Nie net verminder dit verkouesimptome nie, dit kan die duur daarvan verkort. Proefpersone in ’n studie moes 4 kiwi’s per dag eet. Hul keelseer en
neuskongestie het 3 – 4 dae vroeër opgeklaar as die simptome van ’n groep wat piesangs geëet het, volgens die British Journal of Nutrition.

20160524_Gesond-Verkoue-illies3

Jogurt

. . . en ander bronne van “goeie” dermflora (bv. alle gefermenteerde kos). Die verkouesimptome van skoliere wat 12 weke lank probiotiese aanvullings geneem het, het daarna vinniger gewyk, volgens ’n studie in die British Journal of Nutrition. Hulle het 2 dae vroeër herstel as die plasebogroep, hul simptome was 34% minder swaar en hulle het minder skooldae gemis (15 teenoor 34).

20160524_Gesond-Verkoue-illies5

Heuning

Hoes jou kind haar longe uit? Gee haar 2 teelepels heuning ’n halfuur voor slaaptyd (Amerikaanse joernaal Pediatrics). Nog navorsing, dié keer in Iran, het bevind ’n kombinasie van heuning en koffie is doeltreffender as steroïede-medikasie by volwassenes wat 3 weke lank gehoes het.

20160524_Gesond-Verkoue-illies2

 

Maklik! Tem verkoue en griep só

Knoffel

Ja, dis nou bewys! Volwassenes wat ’n plasebo geneem het, het 3 keer meer verkoue gekry as dié wat daagliks ’n knoffel-aanvulling geneem het. Die eerste groep was boonop 3 keer meer dikwels siek, volgens ’n studie in die Cochrane Library.

20160524_Gesond-Verkoue-illies

Verkoue? Ruk jou lyf reg!