Fibromialgie: Pas jou dieet só aan
Navorsing oor kos en FMS is beperk, maar dit kan nie skade doen om die volgende wenke te probeer nie.
Lees ook Fibromialgie deel 1 en deel 2:
Dis aanbeveel deur webmd.com.
* Sommige mense se pyn verminder as hulle suiker, fruktose en verfynde koolhidrate (soos witbrood) los. Chroniese gisswam-infeksies floreer daarop. Kenners debatteer nog daaroor, maar dis dalk ’n sekondêre toestand by FMS-lyers, wat spier- en gewrigspyn vererger. Gis moet om dieselfde rede uitgesny word: Dit kan die groei van die gisswam in jou lyf stimuleer.
* Tamaties, brandrissies, aartappels en eiervrug, die eetbare plante in die nastergal-familie, kan verskeie soorte artritis laat opvlam – ook FMS.
* ’n Gluten-intoleransie veroorsaak ’n verskeidenheid maag- en spysver-teringsprobleme en word geassosieer met moegheid by FMS-lyers.
* Dis bekend dat suiwel-produkte, veral melk, FMS se simptome dryf. In ’n klein studie het 25% van FMS-lyers se immuniteit negatief op suiwel gereageer.
* In nog ’n klein studie is gevind mense met FMS voel beter as hulle aspartaam (in versoeters soos Nutra Sweet) en MSG (’n chemiese geurmiddel) vermy, aldus die Annals of Pharmacotherapy.
Sny al dié kosse uit jou dieet (almal gelyk of een vir een) en kyk of jou simptome verbeter.
Verwante artikels
-
Eindelik verlig terapie my pyn
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ek is 66 jaar oud. Ek is in Junie 2002 met ’n baie aggressiewe borskanker gediagnoseer. Die prognose was 7% kans om 5 jaar te oorleef. Maar my positiwiteit het tot die onkoloog verbaas. Dit was nie maklik nie, maar dit het goed gegaan met die chemoterapie.
-
Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 1
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Dit het ’n lastige naam en slegte reputasie. Meestal vroue ly daaraan – onverklaarbare pyne, styfheid en moegheid. Jare lank moes ons hoor dis depressie of stres. Nie meer nie.
-
Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 2
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 10
Dit het ’n lastige naam en slegte reputasie. Meestal vroue ly daaraan – onverklaarbare pyne, styfheid en moegheid. Jare lank moes ons hoor dis depressie of stres. Nie meer nie.
-
Kelly Osbourne verloor byna 20 kg+ haar 1ste voorbladfoto in bikini!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Sy was beslis nie die celeb-rolmodel van hoe om gesond te leef nie, maar nou lyk dit asof Kelly Osbourne mal is oor haar nuwe leefstyl. So baie, sy't byna 20 kg verloor!
-
Ook ’n ‘hapy chappy’, maar ...
SARIE Julie 2010
Ek reageer op jul brief (“Die diagnose” – Annette Voigt, Klein-Brakrivier, Julie 2010). Ek het presies alles beleef soos wat Annette verduidelik het. Ek was vir weke in die hospitaal oor pyne wat eenvoudig net nie bedaar nie, en by soveel dokters.












Kommentaar