Gesondheidstories

Fibromialgie: Pas jou dieet só aan

Lees ook Fibromialgie deel 1 en deel 2:

Dis aanbeveel deur webmd.com.

* Sommige mense se pyn verminder as hulle suiker, fruktose en verfynde koolhidrate (soos witbrood) los. Chroniese gisswam-infeksies floreer daarop. Kenners debatteer nog daaroor, maar dis dalk ’n sekondêre toestand by FMS-lyers, wat spier- en gewrigspyn vererger. Gis moet om dieselfde rede uitgesny word: Dit kan die groei van die gisswam in jou lyf stimuleer.

* Tamaties, brandrissies, aartappels en eiervrug, die eetbare plante in die nastergal-familie, kan verskeie soorte artritis laat opvlam – ook FMS.

* ’n Gluten-intoleransie veroorsaak ’n verskeidenheid maag- en spysver-teringsprobleme en word geassosieer met moegheid by FMS-lyers.

* Dis bekend dat suiwel-produkte, veral melk, FMS se simptome dryf. In ’n klein studie het 25% van FMS-lyers se immuniteit negatief op suiwel gereageer.

* In nog ’n klein studie is gevind mense met FMS voel beter as hulle aspartaam (in versoeters soos Nutra Sweet) en MSG (’n chemiese geurmiddel) vermy, aldus die Annals of Pharmacotherapy.

Sny al dié kosse uit jou dieet (almal gelyk of een vir een) en kyk of jou simptome verbeter.

  • xueohwwl

    pMEplb pfejbahmgyqk, [url=http://akvhteuqdkdb.com/]akvhteuqdkdb[/url], [link=http://kdcvurvswzyp.com/]kdcvurvswzyp[/link], http://qqtywncnrvre.com/

  • alet

    Ek wil net meer uitvind oor fibromialgiesindroom, ek verstik ook baie en wil net weet of iemand my kan help met meer inligting, die artikels het baie gehelp baie dankie.

  • Alta Joubert

    Ek is in 2008 gediagnoseer met fibromialgie en het sedertdien baie pyn en spot verduur. Soms is die spesifieke plek vir weke en soms maande seer en ongemaklik en skielik op ‘n dag weer weg. Op die oomblik ervaar ek verskriklik pyn in die spier van my blad na my rugstring en beweging veroorsaak ‘n erge steek pyn van die rugstring na die bladbeen. Daarna volg naaldprikkels en dan vuurwarm gevoel gevolg deur koue brandgevoel. Die spier vanaf my skouer agter langs my rugstring af voel asof dit vol blou kolle is en is baie sensitief. Die eienaardigheid hieraan verbonde is dat ek geen ongemak of pyn verduur en net skielik maak dit enige beweging baie pynlik. Dieselfde beweging veroorsaak nie nood-wendig die pyn nie. Die res van my liggaam se spiere gaan spontaan in spasmas (krampe) in die oggend as ek wakker word en beweeg – selfs die spier aan die buitekant van my enkel na die buitekant van my knie. Al wat vir my verligting bring is plantaardige kortisoon wat in die boud ingespuit word. Ek het al Voltaren jel, Magnesium sprei, Repiragel en ander soortgelyke produkte probeer sonder sukses.
    Ek gee onderwys aan ‘n Hoerskool en my man is ‘n boer. Daar is regtig nie vir my ruskans nie, nie eens in vakansietye nie.