Donna Lewis

Donna Lewis

Gesondheidstories

Gesondheid! Lekker feesvier-drankies vir die somer

Lig die glasies vonkelwyn op die feestyd. Hier is nog drankies waarmee jy kan feesvier … én afkoel. Dis boonop gesond…

1. Yskoud!

  • 20 ml kersiestroop
  • 100 ml druiwesap,
  • tuisgemaak (sonder pitte) of gekoopte vonkeldruiwesap

Meng kersiestroop met paar blokkies ys. Skink in fluitglas en maak vol met yskoue druiwesap. Druiwe is gesondheid in ’n korrel, propvol voedingstowwe.

2. Adam se vrug

  • 1 adamsvy (geskil)
  • 5 bloubessies
  • 10 ml vars suurlemoensap
  • skeut framboosstroop
  • vonkel-mineraalwater

Verpulp vy, bloubessies en suurlemoensap. Druk deur sif vir baie fyn puree. Sit voor met framboosstroop in lang glas met ys. Vul glas met mineraalwater. Garneer met vars framboos.

3. Met skop, ja

  • 60 ml tequila
  • 30 ml edel-laatoeswyn
  • 1 eiergeel

Pols saam met halwe koppie fyn ys in voedselverwerker tot egalig. Garneer met gevriesde hanepootdruiwe. Eiers is vol voedingswaarde en laat jou boonop langer versadig voel.

4. So smo…o…oth(y)

  • 1 baie ryp koejawel (ontpit)
  • 2 ryp lietsjies
  • 100 ml vetvrye Griekse jogurt

Pols saam met ½ koppie fyn ys in voedselverwerker. Sit voor in bolglas met strooitjie en ’n bietjie vlassaad vir garnering. Koejawels is ’n goeie bron van likopeen (’n antioksidant) en vitamien C; lietsjies bevat polifenol, goed vir jou hart, en vlassaad het omega 3- vette, waarvan ons heeltemal te min inkry.

Hier is nóg ’n paar somerdrankies:

sarie059-533x800

Micky Hoyle

Pomelo-pons

Vonkelwyn-groentepons

Vonkelroomys

 

 

 

 

 

*Die drankies is geskep deur Hennie Fisher, departement verbruikerswetenskappe, Universiteit van Pretoria