000001291
Gesondheidstories

Pille kan nie kos vervang nie

Eet kos eerder gaar

Toe: Gaarmaakmetodes maak baie kosse meer eetbaar. Ook vernietig dit kieme en parasiete en verhoog kos se geur en verteerbaarheid.

Nou: Sunette Kotze, dieetkundige van Pretoria, sê: “Vleis, hoender, vis en eiers is beslis veiliger as dit teen die regte temperatuur gaargemaak word – dit vernietig skadelike bakterieë. As jy kos rou eet, maak seker dis vars en word higiënies geberg. Rou of gaar kos is egter ewe gesond. Maar pasop, as kos teen te hoë temperature gaargemaak word, vernietig dit die voedingswaarde.”

Pille kan nie kos vervang nie

Toe: ‘n Mens sal nooit kos kan vervang met pille wat in al jou voedingsbehoeftes voorsien nie.

Nou: Celeste sê: “Ja, voedingsaanvullings kan nooit gesonde eetgewoontes vervang nie. Baie voedingstowwe ís in pilvorm beskikbaar. Maar daar is belangrike natuurlike stowwe in kos wat nie in pille en poeiers is nie. Daar is bewys dat dié stowwe ons kans om siek te word verlaag. Soos fitochemikalieë in vrugte en groente.
“Aanvullings is net nuttig saam met ‘n gesonde dieet, wat ‘n verskeidenheid kosse uit die verskillende voedselgroepe insluit. Vitamien- en mineraalaanvullings kan ook nie al jou gesondheidsprobleme oplos nie. “Meer aanvullings is ook nie altyd beter nie – dit kan selfs gevaarlik wees. Raadpleeg eers jou dokter voor jy ‘n groot klomp aanvullings begin drink.”

Soet en suur van sout

Toe: Sout het geen uitwerking op jou are en slagare nie. Jou niere moet egter harder werk om oortollige sout uit te skei, beperk dit dus as jy aan nierstoornisse ly. Gesonde niere skei oortollige sout maklik uit.

Nou: Celeste Naudé, dieetkundige van Stellenbosch, sê: “Jou liggaam het sout nodig om reg te kan funksioneer, maar te veel kan jou kans op hoë bloeddruk, hartsiektes, beroerte en niersiektes verhoog. Die verharding of vernouing van slagare hou nie regstreeks verband met jou soutinname nie. Onthou egter dat ‘n kombinasie van faktore jou risiko op hierdie siektes beïnvloed.

Roosterbrood het nie minder kJ’s nie

Toe: Geroosterde brood het nie minder kilojoules (kJ) as gewone brood nie. (Tensy jy dit houtskool verbrand en so byna al die voedingswaarde vernietig.) Die rede hoekom dit in diëte aanbeveel word: Jy kou langer daaraan en voel gouer versadig.

Nou: Sunette sê: “Ja, roosterbrood het nie minder kJ nie. Ongeroosterde, lae-GI-saadbrood is die gesondste: Dit laat jou meer versadig voel.”