Jou kind en aspirien
Hoekom is aspirien gevaarlik vir jou kind? Lees ook oor vroue en hartsiektes, jou metaboliese spoed en menstruele siklus en 'n Afrikaanse gesondheidsgids vir vroue
As kinders of tieners met griep of waterpokkies aspirien drink, vergroot hul kanse op Reye se sindroom 35 keer, sê dr. Dawie van Velden, mediese dokter en gesondheidskrywer van Stellenbosch.
Dis 'n skaars maar ernstige siekte wat brein-inflammasie en lewerskade kan veroorsaak.
Onthou: Enige medisyne kan toksiese newe-effekte hê - moet dit daarom nie onnodig drink of vir jou kind gee nie. Koors is 'n normale verdedigingsmeganisme waarmee die liggaam infeksies beveg: Kieme kan nie teen hoë temperature lewe nie. Moet dus nie sommer vir kinders koorswerende medisyne gee nie - dit help hulle nie gouer gesond word nie. Hoewel jou kind dalk beter sal voel, werk aspirien eerder téén die liggaam se eie genesingsproses.
Dis veiliger om aspirien vir kinders ouer as 16 te gee, maar selfs dan moet daar 'n goeie rede wees waarom jou kind 'n anti-inflammatoriese middel neem.
Lorraine Osman, hoof: openbare sake by die Aptekersvereniging in Pretoria, sê daar ís veilige keuses vir kinders, soos parasetamol. Lees etikette deeglik en vra jou apteker as jy enigsins twyfel.
Verwante artikels
-
My kind en ADHD - ma's vertel
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 7
-
My kind: Só bou buitemuurse aktiwiteite jou kind se selfvertroue
SARIE - Maart 2011
Buitemuurse aktiwiteite gee jou kind baie van die boublokke van selfvertroue. Hier's 'n paar.
-
Oorleef die feestyd: wees veilig in die son
SARIE - Desember 2009
Dis tyd vir son en saffier, ontspan, eet en geniet! Hoe keer jy die olikheid ná die vrolikheid?
-
SARIE GESOND nóú te koop!
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 11
Voel, lyk en wees jou beste met SARIE GESOND, 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. In dié uitgawe: 30 bl'e se 'altyd jonk'-wenke, aanpassings op Nataniël se lensie-dieet, bekendes verklap hoe hulle stres vasvat en alles oor klein kosmetiese prosedures
-
Tevrede kind, gelukkige grootmens
SARIE - November 2009
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.












Kommentaar