oh_boy
Gesondheidstories

Jou kind en aspirien

As kinders of tieners met griep of waterpokkies aspirien drink, vergroot hul kanse op Reye se sindroom 35 keer, sê dr. Dawie van Velden, mediese dokter en gesondheidskrywer van Stellenbosch.

Dis ‘n skaars maar ernstige siekte wat  brein-inflammasie en lewerskade kan veroorsaak.

Onthou: Enige medisyne kan toksiese newe-effekte hê – moet dit daarom nie onnodig drink of vir jou kind gee nie. Koors is ‘n normale verdedigingsmeganisme waarmee die liggaam infeksies beveg: Kieme kan nie teen hoë temperature lewe nie. Moet dus nie sommer vir kinders koorswerende medisyne gee nie – dit help hulle nie gouer gesond word nie. Hoewel jou kind dalk beter sal voel, werk aspirien eerder téén die liggaam se eie genesingsproses.

Dis veiliger om aspirien vir kinders ouer as 16 te gee, maar selfs dan moet daar ‘n goeie rede wees waarom jou kind ‘n anti-inflammatoriese middel neem.

Lorraine Osman, hoof: openbare sake by die Aptekersvereniging in Pretoria, sê daar ís veilige keuses vir kinders, soos parasetamol. Lees etikette deeglik en vra jou apteker as jy enigsins twyfel.

  • http://zrcrpncaxukh.com/ tjhjzmnr

    RjKPPk ohhfpocqcpwe, [url=http://wsrbgwzbclpl.com/]wsrbgwzbclpl[/url], [link=http://sctzozvrcjdc.com/]sctzozvrcjdc[/link], http://fmhfjnpskkbd.com/