Gesondheidnuus: Borskanker, oogtoetse en tandpyn
Nie die einde
Bemagtig jouself met soveel inligting as moontlik as jy borskanker het, sê dr. Miempie Esterhuizen (46), ’n ginekoloog van Kaapstad, wat verlede jaar ná ’n roetine-mammogram met borskanker gediagnoseer is. Sy het ’n familiegeskiedenis van kanker en het ’n dubbele mastektomie en terselfdertyd ’n rekonstruksie gehad eerder as om medikasie as voorsorg te neem. “Ek praktiseer al 15 jaar en het dikwels borskanker gediagnoseer. Toe dit met mý gebeur, was ek ’n dag lank uit die veld geslaan. Ek is immers aktief en leef gesond. Ek was in die hande van my kollegas. Binne ’n maand was ek terug by die werk.
’n Borskankerdiagnose is nie die einde van jou lewe nie. Die letsels is aan jou lyf, nie jou siel nie. Jy het die reg om jou dokter vrae te vra en antwoorde te bevraagteken. Net dán kan jy ingeligte besluite neem."
Het jy geweet?
Slaap beveg stres - én dis verniet!
Tandpyn?
![]() |
Vryf ’n ysblokkie op die sagte plekkie waar jou duim en wysvinger bymekaarkom. Die koue sensasie volg dieselfde paadjie na jou brein as tandpyn – en jy voel tydelik nie jou tand se noodkrete nie. Besoek dan ’n tandarts. Bron: www.ririanproject.com |
Al doen jy vandeesmaand net een ding, laat toets jou oë
’n Oogkwaal kan só vroeg ontdek en behandel word. En blindheid voorkom. Voor 40 moet jy dit elke twee jaar laat doen, ná 40 jaarliks.
22 September tot 19 Oktober is Oogversorgingbewustheidsmaand. Vir meer inligting, kontak die SA Nasionale Raad vir Blindes by 012 452 3811 of besoek www.sancb.org.za.
- Foto van Gallo Images/Getty Images
Verwante artikels
-
"My vrou het borskanker" - man vertel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
-
Hoe't jy gevoel toe... Romanz jou liedjie opneem?
SARIE - September 2009
’n Liedjieskrywer van George, Adri van Nieuwenhuizen, het die liedjie “Journey of Hope” geskryf vir die jaarlikse Journey of Hope-veldtog.
-
SARIE GESOND nóú te koop!
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 11
Voel, lyk en wees jou beste met SARIE GESOND, 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. In dié uitgawe: 30 bl'e se 'altyd jonk'-wenke, aanpassings op Nataniël se lensie-dieet, bekendes verklap hoe hulle stres vasvat en alles oor klein kosmetiese prosedures
-
Vandag is nasionale cleavage-dag
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
Ja, jy't reg gelees. Vandag kan jy met trots jou cleavage wys, want dis vir 'n goeie doel!
















Kommentaar