gesonddinge01
Gesondheidstories

Gesondheidsdinge: Interessante tips en Dr. Eve gesels

Word slimmer

 

Sit spesifieke tye van die dag vir e-posse en SMS’e opsy. Jou drang om sulke elektroniese boodskappe dadelik te lees maak jou moeg en lusteloos en jou brein minder skerp, wys Britse navorsing. Jy funksioneer dan asof jou IK 10 punte laer is! Dis soortgelyk aan ’n nag sonder slaap.

 

Bron: CNN

 

Al doen jy vandeesmaand net een ding: oefen!

 

Ja, dis nog winter. Maar koue weer dwing jou liggaam om ’n bietjie meer kJ’s te verbrand as wanneer jy in die somer oefen.

 

www.all4women.co.za

 

Rek jou cappuccino

 

Vra ’n skinny of laevet-cappuccino en spaar tussen 200 en 280 kJ. Jy kan dan sommer nog een drink! ’n Cappuccino met volroommelk kan tot 480 kJ en 6 g vet bevat. ’n Volroom-latte het nog meer melk en dus tot 800 kJ en 10 g vet. Drink dit ook sonder (of ten minste met minder) suiker.

 

Bron: www.netdoctor.co.uk

 

Dr. Eve gesels

 

Probleem

 

Is dit veilig vir my vrou om tablette te gebruik wat haar seksueel stimuleer? Sy is nooit in die bui vir seks nie. Ek het onlangs iets in die winkel gesien . . .

 

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

 

Daar is geen medies goedgekeurde produk vir vroue se lae libido nie. Moenie jou deur produkte laat mislei wat die maan en sterre belowe nie. As sy nie in haar menopouse is nie, nie ’n chroniese siekte het en nie op medikasie is nie, kan jy seker wees die probleem lê by haar leefwyse en/of verhouding. Sy voel dalk oorgewig, depressief, moeg, kwaad, wantrouig en wrewelrig teenoor jou.

 

Baie vroue het steeds seks, al is hulle nie in die luim nie en word hulle nie fisiek geprikkel nie. Hulle vind redes daarvoor: Soos hul liefde vir hul maat, of hulle sien dit as ’n plig.


Vra jouself gerus ’n paar vrae af:

 

Bevredig jy haar emosioneel sowel as seksueel?

Vroue sê dikwels hulle wil nie seks hê nie, want hul man stimuleer hulle nie genoeg nie. Moet dus nie ’n oplossing op die winkelrakke soek nie. Doen iets wonderliks vir haar. Was die skottelgoed, vertel haar jy is gek na haar. En leer meer oor haar klitoris.

 

*Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.

Stuur vrae direk aan haar by dreve@worldonline.co.za.

 

  • http://desotitwcftj.com/ cjtbkzy

    PfSJPC irlzbwoptolj, [url=http://ntbibqjbtywy.com/]ntbibqjbtywy[/url], [link=http://zgxxgllveyti.com/]zgxxgllveyti[/link], http://amhxtaxyvgrv.com/