sr0905gesonddinge01
Gesondheidstories

My liggaamstemperatuur die oorsaak van my skete?

JA.

Wilson-sindroom is ‘n toestand waar jou temperatuur laer as die gemiddelde mens s’n is (37 °C, terwyl mense met dié sindroom s’n dikwels laer as 36,6 °C is). Dit kom by sowat 30% van mense voor en is meer algemeen by vroue as mans.

Dit kan van hoofpyne, migraine, gewigstoename en depressie tot slegte geheue en konsentrasie, lae libido, intoleransie vir koue en hitte, slaaploosheid, allergieë en asma veroorsaak. Meet jou temperatuur 3 keer per dag (rondom 9 vm., 12 nm. en 3 nm.). Tel bymekaar en deel deur 3 vir die gemiddeld. Dit word met die hormoon T3 behandel, wat net op voorskrif beskikbaar is.” - Dr. Gerrie Lindeque, mediese dokter van Parys

NEE.  

Dis die eerste keer dat ek daarvan hoor. Daar bestaan wel iets soos Wilson se siekte, ‘n oorerflike toestand wat hoofsaaklik jou lewer en dele van jou sentrale senuweestelsel aantas.” - Dr. Jean le Roux, mediese dokter en homeopaat in Norwood, Johannesburg

NEE.

Dit klink na ‘n gegryp na strooihalms. Die simptome wat genome word, klink baie soos depressie en klagtes eie aan sekere persoonlikheidstipes.” – Dr. Patrick Kenny van die department huisartskunde aan die Universiteit van Pretoria