Kan melk my risiko vir osteoporose vergroot?
Kan melk jou risiko vir osteoporose vergroot?
Ek het gehoor te veel melk kan jou risiko op osteoporose vergroot. Is dit waar?
"JA. Die proteïen in melk maak jou liggaam suurder en dit gebruik dan alkaliese beenmateriaal soos kalsium om die wanbalans te herstel. Navorsing wys vroue wat 2 of meer glase melk per dag drink se risiko vir heupbreuke is 45% en vir voorarm-breuke 5% hoër as vir vroue wat minder inkry. Sade, neute en groen groente het kalsium én minerale wat nie in melk is nie." Patrick Holford in Optimum Nutrition Made Easy (Piatkus, 2008)
"NEE. Melk is 'n uitstekende kalsiumbron vir bene. Dit word wêreldwyd deur navorsing in gerespekteerde mediese joernale bevestig. Melk bevat ook ander voedingstowwe wat goed is vir been-gesondheid." Hettie Schönfeldt, bestuurder: verbruikersopvoeding MilkSA en hoogleraar: Skool vir Landbou en Voedselwetenskappe, Universiteit van Pretoria
"NEE. Aminosure in proteïene benadeel nie jou liggaam se pH-balans nie. As jy gesond is, kan jou liggaam sy suurbalans handhaaf, wat jy ook al eet. Ook: Kool, broccoli en sade bevat wel kalsium. Maar om bv. 'n koppie melk se kalsium in te kry, moet jy meer as 600 g gaar broccoli eet. Jy kan nie aanbevelings oor dieet doen op grond van enkele studies nie." Suna Kassier, dieetkundige aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Verwante artikels
-
Spesery-krag: Gebruik dit só om gesonder te bly
SARIE - Mei 2010
Span die krag van speserye só in om jou gesond te hou.












Kry jou SARIE oral, enige tyd